top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Veiligheidsrisiko’s op Bloemfontein-vullisterreine kort nóú aandag

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Mar 7
  • 1 min read

AfriForum eis dat die Mangaung-metro dringend optree om veiligheidsrisiko’s by die noordelike en suidelike vullisterreine in Bloemfontein aan te spreek.


Dit volg nadat die organisasie reeds in September verlede jaar twee strafregtelike sake teen die metro aanhangig gemaak het oor die bestuur van die terreine.


Die organisasie betwis ook die metro se ontkenning dat georganiseerde bendes, soos die sogenaamde Born to Kill (BTK)-bende, op die vullisterreine teenwoordig is.


Tydens verskeie veiligheidsoperasies is verskeie onwettige bewoners identifiseer wat glo bande met georganiseerde misdaadstrukture het.


Volgens distrikskoördineerder vir AfriForum in Bloemfontein, Christo Groenewald, kan daar nie toegelaat word dat munisipale infrastruktuur hawens vir misdadige elemente word nie.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

Comments


bottom of page