top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Verdagtes is vas ná ‘n jaagtog buite Bfn

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Mar 18
  • 1 min read

Updated: Mar 19

Verdagtes is ná ’n jaagtog buite Bloemfontein vir besigheidsinbraak in Edenburg in hegtenis geneem.


Securiforce Rapid Response-lid Johan Maritz, saam met CJ Wydeman van AgriSecure, het vinnig opgetree en die verdagtes in die Bainsvlei-omgewing opgespoor, wat tot ‘n hoëspoed-jaagtog gelei het.


Die verdagtes is op die Hertzogville-pad aangekeer.


Martiz sê aan Rosestad-nuus die verdagtes het glo drank, kontant en twee kluise gesteel.


Die polisie het beslag gelê op sowat R30 000 se drank en R10 000 kontant.


Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

Comments


bottom of page