top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Verdagtes is vas vir die beskadiging van noodsaaklike eiendom

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 17, 2025
  • 1 min read

Die polisie in die Vrystaat het vier verdagtes in hegtenis geneem nadat hulle glo noodsaaklike infrastruktuur in Smithfield beskadig het. Dit kom nadat ‘n eienaar van ʼn skrootwerf in Bloemfontein berig het dat die verdagtes koperkabels met ‘n straatwaarde van R550 000 verkoop het. ‘n Saak van skade aan noodsaaklike infrastruktuur is by die Smithfield-polisiestasie geopen. Die vier verdagtes sal na verwagting binnekort in die Smithfield-landdroshof verskyn.

 
 
 

Comments


bottom of page