Vermeende kabeldiewe is na ‘n hoëspoed-jaagtog in hegtenis geneem
- Armando Pieters

- Jul 18
- 1 min read
Vermeende kabeldiewe is Vrydag na ‘n hoëspoed-jaagtog buite Virginia deur die Vrystaatse polisie in hegtenis geneem. ‘n Ligblou bakkie het gevlug toe die polisie dit probeer keer het. Een van die verdagtes het uit die voertuig gespring en in ‘n dam probeer wegkruip. Die polisie het hom egter vinnig aangekeer, terwyl die ander twee verdagtes later uit die bakkie gehaal is. Koperkabels en ‘n ongelisensieerde vuurwapen is in die voertuig gevind. Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê twee van die verdagtes is onwettige immigrante en al drie word aangekla van kabeldiefstal en die besit van gesteelde goedere.





Comments