top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vermeende kabeldiewe loop hul rieme styf in Bloem

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 4 days ago
  • 1 min read

 Ses verdagtes is in Bloemfontein in hegtenis geneem in verband met die diefstal van elektriese kabels.


Volgens Nova News sê die Vrystaatse polisie die verdagtes het glo Centlec se oorhoofse kabels afgetrek en infrastruktuur beskadig.


Vier verdagtes is in Oranjesig aangekeer, terwyl nog twee mans later in Fichardtpark in hegtenis geneem is.


Veiligheidsmaatskappye en Centlec-beamptes het op die tonele gereageer nadat verdagte aktiwiteite aangemeld is.


Tange, skêre en ander toerusting is glo op die toneel gevind.


Die gesteelde kabels word op byna R38 000 beraam.


Die polisie ondersoek sake van diefstal en die beskadiging van infrastruktuur.


Ter illustrasie. FOTO: Grok
Ter illustrasie. FOTO: Grok

 
 
 

Comments


bottom of page