top of page

Vermeende rowers loop hul rieme styf

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 26
  • 1 min read

Te danke aan die vinnige en gesamentlike optrede van ‘n Bloemfonteinse reaksie-eenheid en die polisie is verdagtes in ‘n gewapende roof vasgekeer. Luidens ‘n plasing op sosiale media het AfriForum911 se reaksie-eenheid vroeër die week inligting ontvang van ‘n gewapende rooftog op die Jagersfonteinpad. Die verdagtes het glo via die teerpad na óf Bloemfontein óf Trompsburg probeer vlug. Terwyl ‘n reaksiepersoneellid op die toneel afgestaan het om bystand te verleen, het die reaksie-eenheid en die polisie se anti-bende-eenheid die voertuig en verdagtes naby ‘n winkel Curielaan opgespoor. ‘n Dummy-pistool is ook in die voertuig gevind. Luidens die plasing sal die klaers self ‘n saak by die polisie open.

 
 
 

Comments


bottom of page