Verskeie verdagtes is vas ná ‘n klopjag by die suidelike stortingsterrein
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 22
- 1 min read
Tien verdagtes is in hegtenis geneem ná ’n klopjag by die suidelike stortingsterrein in Bloemfontein.
Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens is die operasie uitgevoer as deel van Operasie Shanela II, met verskeie rolspelers wat saamgewerk het.
Polisiewoordvoerder, Thabo Covane, sê groot hoeveelhede vermoedelik gesteelde metale, insluitend koperkabel, asook toerusting en ander items, is op die terrein gevind.
Dwelms met ’n geraamde straatwaarde van sowat R5000 en kontant is ook in tydelike strukture wat op die storingsterrein opgerig is, gevind en gekonfiskeer.
Die verdagtes, tussen 18 en 45 jaar oud, staan tereg op aanklagte wat onder meer die besit van gesteelde eiendom en dwelmverwante oortredings insluit.
Hulle sal binnekort in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.








Comments