top of page

Verskeie vuurwapens raak glo by ‘n Vrystaatse munisipaliteit vermis

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Feb 24
  • 1 min read

Die Vrystaatse munisipaliteit, Matjhabeng, is onder skoot nadat verskeie vuurwapens, wat bedoel is om munisipale eiendom en personeel te beskerm, glo vermis geraak het. Central News berig Cosatu-voorsitter, Tiiseto Mahlatsi, het dringende optrede geëis en beweer die vermiste vuurwapens word met 'n "skelmeenheid" wat glo in die munisipaliteit werksaam is verbind. Niemand weet glo presies hoeveel vuurwapens vermis word of wander hulle verdwyn het nie.  Die Welkom-gebaseerde munisipaliteit, wat dorpe soos Virginia en Odendaalsrus insluit, was die afgelope jare ‘n paar keer in die nuus vir wanbestuur. Van onbetaalde werkers tot verbrokkelende infrastruktuur het die Vrystaatse munisipaliteit van die een krisis na die volgende gestrompel. Net verlede week het die Valke bewerings van korrupsie ondersoek, insluitend verdagte tenders en vervalste kwalifikasies onder senior amptenare.

 
 
 

Comments


bottom of page