Voormalige goudmynwerkers kan vir vergoeding kwalifiseer
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Dec 2, 2024
- 1 min read
Voormalige goudmynwerkers wat tussen 12 Maart 1965 en 10 Desember 2019 gewerk het, kan vir vergoeding kwalifiseer. Die Tshiamiso Trust moedig die goudmynwerkers en hul gesinne aan om te verifieer of hulle weens permanente longskade van silikose of werkverwante tuberkulose (TB) geskik is om 'n eis vir vergoeding in te dien. Primedia berig volgens die Trust se Lusanda Jiya sluit dit nie alle goudmyne in nie, maar slegs die 82 myne wat deur ses maatskappye, naamlik African Rainbow Minerals, Anglo American South Africa, Anglo Gold Ashanti, Harmony Gold, Sibanye Stillwater en Gold Fields, besit word. Eisers het tot 2029 om hul eise in te dien.





Comments