top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vrou in hof verwag nadat ‘n man vroeër in dieselfde hof geskiet is

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 14, 2025
1 min read

‘n Vyf-en-dertigjarige vrou verskyn na verwagting Maandag in die Wynbergse landdroshof in Kaapstad, nadat sy die naweek in hegtenis geneem is in verband met ‘n onlangse skietvoorval by dié hof. SABC-nuus berig ‘n 50-jarige man is verlede week in die hofgebou doodgeskiet, en die Nasionale Vervolgingsgesag het sedertdien bevestig dat die slagoffer die beskuldigde in ‘n strafsaak was. ‘n Woordvoerder van die polisie, Novela Potelwa, sê nog inhegtenisnemings kan volg. Die vermoede is dat die skietvoorval met taxi-geweld verband hou, maar Potelwa sê die motief vir die moord word nog ondersoek.

 
 
 

Comments


bottom of page