top of page

Vrystaat Landbou sê boere vul die leemtes waar die regering misluk

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • Oct 31
  • 1 min read

Vrystaat Landbou (VL) is ongelukkig met die Vrystaatse regering se toenemende afhanklikheid van ideologiese projekte ten koste van basiese infrastruktuuronderhoud.


Maroela Media berig die president van VL, Francois Wilken, sê boere word al hoe meer gedwing om op eie koste in te gryp waar die staat misluk. Hy sê ook hoewel die uitgebreide openbare werke- program goed is om plaaslike werkgeleenthede te skep, dit uiteindelik die armste burgers in ʼn greep van afhanklikheid van subminimum loontoelae hou.


Hy sê die herhaalde mislukkings van oorhaastige kontrakteurs dui op ʼn gekaapte openbare verkrygingsproses.


VL sê die tyd het gekom dat die regering sy ideologiese eksperimente staak en eerder die praktiese kennis van gemeenskappe en landbouleiers benut om infrastruktuur in stand te hou.


'n Vrystaatse grondpad wat boere self onderhou. FOTO: Maroela Media
'n Vrystaatse grondpad wat boere self onderhou. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page