top of page

Vrystaat-vrou vas vir beweerde moord op kêrel

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 30
  • 1 min read

n Vrou is in Bultfontein in hegtenis geneem nadat sy na bewering haar kêreld dood gesteek het.

Volgens polisiewoordvoerder Palesa Thabana is polisie gisteraand ontbied, en met hul aankoms in Phahameng het hulle die man met ‘n steekwond aan sy linkerbors gekry.

Na bewering het sy meisie hom met ‘n mes gesteek nadat hulle stry gekry het.

Die mes is gekonfiskeer, en die vrou is vir moord in hegtenis geneem.

Sy sal na verwagting Dinsdag in die Bultfontein-landdroshof verskyn.

 
 
 

Comments


bottom of page