Vrystaatse kliniek ná ses jaar steeds nie opgeknap nie
- Armando Pieters

- May 13
- 1 min read
Ten spyte van die belofte wat die destydse Vrystaatse Premier, Sisi Ntombela, gemaak het dat die Itabazwe kliniek in Harrismith opgeknap sou word, is dit steeds nie gedoen nie. So sê die Vrystaatse gesondheidswoordvoerder, David Masoeu. Netwerk24 berig die belofte is in 2019 gemaak na die kliniek groot skade in ‘n brand opgedoen nie. Die herbouing was glo een van die inisiatiewe wat die Departement van Gesondheid veronderstel was om aan te pak, maar aangesien die belofte nie nagekom is nie, is die inwoners steeds sonder toegang tot behoorlike gesondheidsdienste. Die inwoners het intussen ‘n petisie aan die portefeuljekomitee oor gesondheid oorhandig. Netwerk24 berig verder hulle wag nog vir antwoorde van die Vrystaatse Departement van Gesondheid se woordvoerder op hulle vrae.





Comments