Vrystaters sê genoeg is genoeg
- Nadia Pieters

- Sep 29
- 1 min read
Jacobsdal-inwoners is keelvol vir die vlaag geweld teen vroue en kinders, en eis dat die regstelsel hulle beskerm.
Netwerk24 berig ‘n groep gemeenskapslede van die Wes-Vrystaatse dorp het onlangs oor geslagsgeweld en ander misdaad in die dorp betoog.
Hulle het ook gevra dat die bestaande wette afgedwing moet word.
Volgens die organiseerder, Karlien De Scande, gaan die gemeenskap weens dwelms en alkohol gebuk onder misdaad.
Intussen het die Departement van Gemeenskapsveiligheid hul strategie vir die voorkoming van misdaad en geweld bekendgestel.
Volgens die departement se LUR, Jabu Mbalula, is hul plan op ‘n meer doeltreffende stafregstelsel, voorkoming, ingryping en die ondersteuning van slagoffers gebaseer.






Comments