Wêreldgesondheidsdag plaas fokus op die niewinsgewende sektor
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 7
- 1 min read
Terwyl Wêreldgesondheidsdag vandag onder die tema “Saam vir Gesondheid” herdenk word, is daar kommer oor die volhoubaarheid van die gesondheidsorg-niewinsgewende sektor in Suid-Afrika.
Die organisasie Inyathelo sê die welstand van dié sektor moet dringend prioriteit kry.
Die waarnemende uitvoerende direkteur, Feryal Domingo, waarsku dat die onttrekking van internasionale befondsing ’n groot impak het en druk op organisasies plaas.
Volgens haar raak dit die vermoë van baie organisasies om voort te gaan met noodsaaklike dienste.
LUISTER HIER:
Feryal Domingo








Comments