top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Wêreldomgewingsdag plaas die fokus op fabrieksboerdery

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 4
  • 1 min read

In aanloop tot Wêreldomgewingsdag waarsku die dierewelsynsorganisasie Four Paws dat fabrieksboerdery nie net dierelyding veroorsaak nie, maar ook 'n negatiewe impak op die omgewing het.


Volgens die organisasie verhoog intensiewe veeboerdery kweekhuisgasvrystellings, besoedel water en grond, en verhoog dit die risiko van siekte-uitbrake.


Four Paws doen 'n beroep op Suid-Afrikaners om minder diereprodukte te gebruik, meer plantgebaseerde voedsel te oorweeg en sterker dierewelsynswette te steun.


Volgens die organisasie se Tanya van Tonder-Huysamen is die aanpak van fabrieksboerderye belangrik vir die beskerming van diere, gemeenskappe en die omgewing.


Ter illustrasie. FOTO: Cruelty.Farm
Ter illustrasie. FOTO: Cruelty.Farm

 
 
 

Comments


bottom of page