top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Wanbetalende munisipaliteite bedreig SA se finansiële stabiliteit

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 3 days ago
  • 1 min read

Nog ’n waarskuwing is uitgereik oor die groeiende skuld wat munisipaliteite aan Eskom verskuldig is en die risiko wat dit vir die land se finansies inhou.


Die adjunkminister van Finansies, Ashor Sarupen, sê munisipale skuld aan Eskom het reeds R114 miljard bereik en bly een van die grootste uitdagings waarmee die regering te kampe het.


Sarupen het saam met die Nasionale Tesourie ’n parlementêre vergadering toegelig oor die vordering van die munisipale skuldverligtingsprogram.


Parlementslede het ook terugvoer ontvang oor ooreenkomste waar Eskom die bestuur van elektrisiteitsverspreiding by sekere noodlydende munisipaliteite oorgeneem het.


Sarupen het gewaarsku dat die voortdurende redding van munisipaliteite nie op die lang termyn volhoubaar is nie.


Ashor Sarupen. FOTO: Facebook
Ashor Sarupen. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page