top of page

Waterkrane mag môre in dele van Bloemfontein opgedroog wees weens onderhoud

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Dec 4, 2024
  • 1 min read

Die Mangaung Metro Munisipaliteit stel inwoners van Bloemfontein in kennis dat hulle moontlik Donderdag 5 Desember vir ʼn 12-uur-periode sonder water kan wees. Die onderbreking sal meestal van toepassing wees aan inwoners aan die noordelike woonbuurte van Bloemfontein tussen sesuur die oggend en sesuur die aand. Volgens die munisipaliteit se nota is die oorsaak van die wateronderbreking dat die elektrisiteitsverskaffer, Eskom, beplan om krag af te skakel om onderhoudswerk uit te voer. Hierdie onderhoud sal veroorsaak dat die Vaal Central Water-stelsel nie water na die Brandkop-reservoir kan pomp nie. Die Mangaung Metro Munisipaliteit vra om verskoning vir enige ongerief wat dit mag veroorsaak

 
 
 

Comments


bottom of page