'Welbekende' transitorowers is kort ná 'n rooftog aangekeer
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 25
- 1 min read
Twee “welbekende en gesoekte” transitorowers is enkele ure ná ’n sypaadjierooftog in Welkom in die Vrystaat aangekeer.
Netwerk24 berig ’n onbekende bedrag kontant en gesteelde artikels is ook teruggevind.
'n Polisiewoordvoerder, lt.kol. Thabo Covane, sê die rowers het op veiligheidsbeamptes toegeslaan wat geld by die winkel gaan haal het. Die wagte is na bewering deur ses gewapende verdagtes aangerand. Die verdagtes het van die toneel gevlug met ’n onbekende bedrag kontant, drie vuurwapens, koeëlvaste baadjies en ’n handradio wat aan die wagte behoort het. Die polisie het die verdagtes later dieselfde dag opgespoor.
Covane sê met hul aankoms het ’n skietgeveg tussen die polisie en die verdagtes uitgebreek. Sommige van die verdagtes het ontsnap, terwyl twee aangekeer is.
Die twee verdagtes in aanhouding sal na verwagting binnekort in die hof verskyn, terwyl die ander steeds gesoek word.








Comments