top of page

Whitfield sê geen rede is vir afdanking verskaf

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 27, 2025
  • 1 min read

Die voormalige adjunkminister van handel, nywerheid en mededinging, Andrew Whitfield, sê President Cyril Ramaphosa het nie aan hom ‘n rede verskaf vir sy afdanking nie.

Die presidensie het gister aangekondig dat Whitfield, wat ‘n DA-lid is, afgedank is.

SABC-nuus berig Whitfield sê hy vermoed hy is afgedank weens ‘n reis na die VSA vroeër vanjaar.

Hy sê hoewel hy aan die presidensie geskryf het om toestemming te vra, het hy na tien dae nie ‘n antwoord gekry nie.

Whitfield sê hy het besluit om steeds te gaan, omdat sy party dit van hom gevra het.

Die DA het in reaksie vir Ramaphosa 48 uur tyd gegee om ANC-kabinetslede wat met korrupsie verbind word, af te dank.

Indien dit nie gebeur nie, sê die DA hy sal sy deelname aan die regering van nasionale eenheid heroorweeg.

 
 
 

Comments


bottom of page