top of page
Banner2.jpg

ROSESTAD DAGBOEK

NOVEMBER 2026

NOV

6

Heerlike Kerrie en 5

6 November 2026

11:00 - 14:00

9 Johannes Rabie St, Wilgehof, Bloemfontein, 9301, South Africa

065 230 2008

R35

Nie lus om kos te maak nie? Geen probleem. Ons het die oplossing. Vir slegs R35 kan jy Vrydag, 6 November 2926, 'n heerlike bakkie kerrie en rys kom kry. Onthou dat jou bestelling ook na ure by die Koster afgehaal kan word. Bestel vroegtydig by Adele.

NOV

7

NG Ooshoek Fees

7 November 2026

09:00 - 15:00

Koot Niemann skool

082 410 8341

Gratis

Pannekoek, Hamburgers, slapchips, jaffles, vetkoek met maalvleis, wit olifanttafel. Springkasteel en speletjies vir kinders en vir R10 looitjie staan jy kans om 'n 5l Airfryer te wen. Kom geniet die heerlike dag vol pret saam met ons.

NOV

22

Lewende Woord Bloemfontein Kerssang

22 November 2026

18:00

6 Maluti Ave, Bainsvlei, Bloemfontein, 9338, South Africa

051 451 9999

Gratis

Kom beleef saam met ons ’n besonderse Kersfees-kuier! Bring jou familie en vriende saam Bring jou piekniekmandjie en kombers! SNACK BOX is beskikbaar teen R120,00 per persoon. Plaas bestellings op die Living Word Bloemfontein App of kontak die kerkkantoor. Toegang is gratis. Vir navrae, kontak die kerkkantoor

NOV

6

Kersmark NG Gemeente Fichardtpark

6 November 2026

14:00 - 18:00

9 Altona Cres, Fichardt Park, Bloemfontein, 9301, South Africa

084 564 0374

toegang gratis

NG Gemeente Fichardtpark se jaarlikse Kersmark beloof om uitsonderlik te wees. Daar is 'n groot verskeidenheid produkte vanaf handgemaakte kersversierings tot lekkers en koeke. Daar gaan ook lekker koffie, slush puppies en koeldrank wees. Ons maak ook lekker kerrie en rys en Boereworsrolle wat as aandete kan dien en natuurlik Pannekoek! Moet dit nie misloop nie.

NOV

7

Therapéa Kids Kers-Pretstap – ’n Ke

7 November 2026

09:00 - 11:00

Brandkop Bewarea-baan, Pellissier, Bloemfontein

081 311 0826

R100

Kom stap saam vir ’n Kersfees vol liefde! Therapéa Kids hou op Saterdag 7 November 2026 om 09:00 ’n Kers-Pretstap by die Brandkop Bewarea-baan in Pellissier, Bloemfontein. Ons samel fondse in vir ’n spesiale Kersfeespartytjie en geskenke vir ons 28 dogters. Daar is heelwat pryse op die spel tydens die gelukkige trekking ná die stap! Registreer vooraf by: https://www.timetap.co.za/s/kers-pretstap-2026-registrasie-ocsa Ná registrasie ontvang jy ’n unieke nommer, byvoorbeeld PRET023. Gebruik dié nommer as jou betalingsverwysing wanneer jy per EFT betaal. Dit is ook jou nommer vir die gelukkige trekking. Vir navrae, kontak Bernard van der Vlies by 081 311 0826. Elke inskrywing help ons om ’n Kersfees vol liefde vir ons dogters moontlik te maak!

NOV

22

Kersspel en Kerssangdiens

22 November 2026

18:00 - 19:30

Johannes Rabie St, Wilgehof, Bloemfontein, 9301, South Africa

071 352 5541

Gratis

Kersspel by die Kerssangdiens Al die kinders, ouers, oupa's en ouma's, oom's en tannies word hartlik uitgenooi om ons Kersspel en Kerssangdiens by te woon. Kom beleef saam met ons die wonder van Kersfees, soos gesien deur die oë van 'n kind. Kontak: Elizna op 071 352 5541 of Zelna op 078 488 3982

NOV

6

NG Kerk Waterbron Basaar

6 November 2026

17:00 - 22:00

Vergezocht Ave, Bloemfontein, South Africa

051 445 2345

Gratis

Kom geniet ‘n heerlike aand saam met ons, met aanbiedinge soos: Vars groente Gebak Pannekoek Baie vars vleis Skaapkop Eisbeins Beesloop Veiling Speletjies en lekkergoed Worsbroodjies Braaivleis Kerrie en rys en vele meer Kontak die kerkkantoor 0514452345 of Junior Verwey 0836340005

NOV

15

LIG Gemeente Kerssangdiens

15 November 2026

09:00 - 10:00

3 Jasmyn Ave, Gardenia Park, Bloemfontein, 9301, South Africa

071 625 4345

Gratis

Jy word hartlik uitgenooi na ons Kersangdiens. Bring jou familie en vriende en kom deel in hierdie spesiale oggend vol Kersvreugde, geloof en aanbidding. . 🎶 Gas kunstenaars: Bliss Acapella Sondag, 15 November ⏰ 09:00 📍 LIG Gemeente 3 Jasmynlaan, Gardeniapark

NOV

27

Liggie Langtafel Ete onder die ster

27 November 2026

18:00 - 22:00

3 Jasmyn Ave, Gardenia Park, Bloemfontein, 9301, South Africa

071 625 4345

R200

Kom geniet 'n heerlke aand met heerlike kos en jou hartsmense. 3 Gang Maal teen R200 per persoon, kinders onder 10 R100. Besprekings kan geplaas word tot en met die 17de November.

NOV

6

NG Kerk Estoire Basaar Karnaval

6 November 2026

17:00

Tibbie Visser St, Estoire, Bloemfontein, South Africa

072 444 8774

Gratis

Kom geniet 'n lekker aand by NG Kerk Estoire Basaar Karnaval gevul met lekker eet goed, musiek, iets vir die oud en jonk en vele meer! Kontak gerus die kerk kantoor 072 444 8774 vir enige navrae. Hoop om almal daar te sien!

NOV

15

Karolis en Lente

15 November 2026

09:30 - 11:00

Tibbie Visser St, Estoire, Bloemfontein, South Africa

072 444 8774

Gratis

Kom kuier lekker saam met Oom Karolis en Lente by NG Kerk Estoire, 15 November 2026, 09:30

NOV

29

Lekker Koue Wegneemete

29 November 2026

10:00 - 11:00

9 Johannes Rabie St, Wilgehof, Bloemfontein, 9301, South Africa

065 230 2008

R120

Nie lus om.kos te maak nie... Ons het die antwoord! Lekker koue Sondag middagete om weg te neem. Op die spyskaart is daar gebraaide hoender, hamskywe, aartappelslaai, koolslaai en vir die soettand, heerlike malvapoeding vir nagereg, met of sonder vla. Bestel voor/op Woensdag 25 November 2026 by Adele op 065 230 2008

Kry jou geleentheid op die Rosestad Dagboek

Laai
bottom of page