

besig met verkope
Ons verkoopspan verstaan dat elke kliënt uniek is. Met kreatiewe idees en ’n persoonlike benadering help ons jou om jou handelsmerk te laat uitstaan. Of dit nou deur slim bemarking, advertensies of samewerking is – ons span fokus daarop om jou resultate te laat groei.


Rosestad Produkte:
-
Generiese Advertensies
-
Vooraf opgeneemde advertensieflits wat tydens geskeduleerde tye uitgesaai word.
-
Tydsduur van 30 sekondes
-
Hierdie produk is tradisioneel vir Handelsmerk Bewusmaking en Instandhouding,
wat “sigbaarheid” van u besigheid bevorder en luisteraars laat kennis neem van die aard en produkte wat die besigheid bied.
-
-
Inlees advertensies
-
Inligting word deur die omroeper volgens ‘n skedule ingelees en uitgesaai.
-
Tydsduur van 30 sekondes.
-
Die produk fokus op besighede wat gereeld (weekliks) flitse wil laat verander na gelang van behoeftes soos spesiale aanbiedings (soos slaghuise, motorhandelaars ens)
-
-
Inbel advertensies
-
Die kliënt word telefonies vanuit die ateljee geskakel om direk te adverteer.
-
Tydsduur van 30 sekondes.
-
Die besigheid praat direk met die luisteraar oor die besigheid en/of aanbiedinge.
-
-
Onderhoude
-
Die kliënt gesels vir ‘n langer tydsduur met die luisteraar vanuit die ateljee.
-
Tydsduur van 5 minute.
-
Die produk is om meer breedvoerig oor produkte en/of dienste uit te brei.
-
Onderhoude is ideaal om die luisteraar bekend te stel aan die besigheid (Handelsmerk Bekendstelling) en saam met Generiese Advertensies, die gehoor bewus te hou van die besigheid (Handelsmerk Instandhouding)
-
So leer die luisteraar die besigheid en die mens beter ken (persoonlike aanslag), vrae wat gewoonlik beantwoord word is; wie is ons, waar is ons, wat is ons besigheid, wanneer is ons beskikbaar en wat maak die besigheid uitstaan.
-
-
Borgskappe
-
‘n Program en/of insetsel kan deur ‘n besigheid geborg word.
-
Totale tydsduur ongeveer 50 sekondes.
-
Voordele van ‘n Borgskap is dat daardie +- 50 sekondes gewy word aan net een besigheid (geen ander advertensies/besighede nie). Dit fokus op ‘n spesifieke program/insetsel soos Nuus, Sport, Weer, ens. Die Borgskap bestaan uit drie elemente: Vooraf aankondiging (bv. “….hierdie nuus word moontlik gemaak deur….”), ‘n Generiese advertensie (sien Generiese Advertensies hierbo) en ‘n terug aankondiging na die program/insetsel (bv. …….”hierdie nuus is moontlik gemaak deur…..”)
-
Gesels met jou Radio Spesialis oor die moontlike borg van bv die Top 10 ens.
-
-
Kompetisies
-
Die kliënt bied ‘n kompetisie aan wat gekoppel is aan ‘n prys, waardeur die luisteraar deelneem deur die gebruik van Whatsapp, Facebook of ons webtuiste.
-
Tydsduur 5 minute.
-
Ook ‘n ideale wyse om die besigheid bekend te stel by die luisteraars.
-
Waar nodig sal Rosestad die besonderhede van die wenner aan die kliënt verskaf.
-
-
Buite-uitsending
-
Rosestad 100.6FM saai regstreeks uit vanaf u besigheid – gewoonlik ‘n 3 uur uitsending – veral op spesiale dae of promosies wat gewoonlik heelwat voete na die besigheid lok.
-
Deurlopende blootstelling vir die onderneming gedurende die 3 ure.
-
Die Buite-uitsending gaan gepaart met 5 dae se lugtyd, waar die buite-uitsending vooraf bemark word op Facebook, ons webtuiste en ook op die lug.
-
Rosestad bied verskeie bemarkings veldtogte aan wat enige besigheid se begroting te pas, maar maak ‘n afspraak om ‘n sakpas veldtog wat spesifiek op u mark gemik is saam te stel.
NEEM KENNIS
Geen kommersiële advertensies word uitgesaai op Sondae en Christelike-dae (soos Goeie Vrydag, Hemelvaart, Geloftedag, en/of Kersdag) nie.
Om jou sakpas effektiewe advertensieveldtog saam te stel kontak die stasie en ‘n bemarker sal jou help.
verkope@rosestad.co.za
johleen@rosestad.co.za
051 412 6401
083 264 0270









