top of page

LUISTER REGSTREEKS
Bestuur saam met Manie
15:00 – 18:00
Manie en Ilde


Alle Plasings


'n Vragmotorbestuurder is vas vir die diefstal van sonpanele
'n Vragmotor is op die R57-pad in die Vrystaat afgetrek en sonpanele ter waarde van ongeveer R4 miljoen gevind. Die vragmotor het na bewering gekaapte sleepwaens vanaf Kroonstad vervoer. Volgens 'n polisieverklaring kon die bestuurder tydens ondervraging nie bevredigende antwoorde aan die polisie gee oor die vrag wat hy vervoer het nie. Hy is gevolglik op die toneel in hegtenis geneem. Die eienaar van die sleepwaens het bevestig dat dit sy eiendom is, en die vragmotor is by d

Saamgestel deur Ilde Roos
27 minutes ago


MIDDAG SPORT: Erasmus bevraagteken skeidsregterkonsekwentheid, die Proteas probeer om hul posisie te versterk en Duitsland vernietig vir Nederland
In rugby-nuus: Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het bevraagteken wat hy as dubbele standaarde in rugby-skeidsreg beskou en voorgestel dat die Ierse losskakel, Sam Prendergast, skorsing sal vryspring vir 'n heupval-duikslag op Fidji se kaptein Peceli Yato. Erasmus het ook vermeende teenstrydighede in dissiplinêre besluite uitgelig en die Ierse stut, Tadhg Furlong, wat straf vryspring vir 'n beweerde genitale gryp, vergelyk met Jan-Hendrik Wessels wat 'n nege weke lange

Saamgestel deur Jana Roos
2 hours ago


Ekonome verwag dat die SARB rentekoerse onveranderd sal hou
Ekonome verwag dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank rentekoerse onveranderd sal hou tydens sy laaste vergadering van die Monetêre Beleidskomitee van die jaar op Donderdag. Die meeste voorspellings dui daarop dat die repokoers op 7,25 % sal bly, hoewel sommige ekonome sê dat 'n verdere verhoging van 25 basispunte steeds moontlik is. Dalende oliepryse, verwagte verlagings in petrolpryse en 'n relatief stabiele rand sal na verwagting help om inflasie in toom te hou. Volgens ekono

Saamgestel deur Ilde Roos
2 hours ago


Twee boorgate in Brandfort is glo leeg ná die munisipaliteit se beweerde versuim om water te voorsien
Minstens twee boorgat-eienaars in Brandfort se boorgate het skynbaar drooggeloop nadat groot hoeveelhede grondwater na bewering te midde van ’n waterkrisis onttrek is. Terwyl die munisipale water Maandagmiddag ná meer as twee weke begin terugkeer het, is sommige inwoners se boorgate nou droog. Netwerk24 berig inwoners hier is sedert 30 Oktober sonder munisipale water en onder meer van private boorgat-eienaars afhanklik om hulle van water te voorsien. Die vinger word nou na di

Saamgestel deur Ilde Roos
3 hours ago


Suliman Carrim is borgtog geweier
Die Noordwes-sakeman Suliman Carrim is borgtog deur die Musina-landdroshof in Limpopo geweier. Hy sal nou tot minstens 23 November agter tralies bly terwyl ondersoeke voortgaan na ’n saak wat verband hou met beweerde voertuigsmokkelary, geldwassery en verwante misdrywe. Central News berig die hof het bevind dat Carrim nie aan die vereistes vir sy vrylating voldoen het nie en dat die toestaan van borgtog nie in die belang van geregtigheid sou wees nie. Landdros Jerry Davhana h

Saamgestel deur Ilde Roos
4 hours ago


Die speaker vra vir sterker verantwoordbaarheid in openbare besteding
Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het 'n beroep gedoen op sterker parlementêre toesig en verantwoordbaarheid om te verseker dat openbare fondse behoorlik bestuur word. Sy het Dinsdag by die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskapsorganisasie van Openbare Rekeningkomitees se spitsberaad in Kempton Park in Gauteng gepraat. Didiza sê openbare rekeningkomitees moet onafhanklik en nipartydig weese-, terwyl lede behoorlike opleiding en tegniese ondersteunin

Saamgestel deur Ilde Roos
4 hours ago


‘n Vrou is naby Ladybrand vas vir die beweerde moord op haar suster
’n Vrou is in hegtenis geneem vir die beweerde moord op haar suster naby Ladybrand in die Vrystaat. Die polisie sê die susters het langs Middelkraalweg gestap toe ’n argument in ’n fisieke geveg ontaard het. Die jonger suster het die ouer vrou na bewering met ’n klip teen die kop geslaan en haar op die toneel doodgemaak. Die vroue was glo op pad van Thaba Nchu na hul huis in Lesotho en wou die rivier oorsteek sonder geldige reisdokumente. Die verdagte sal na verwagting in die

Saamgestel deur Ilde Roos
5 hours ago


Die gemiddelde SA'ner moet amper vyf jaar werk vir ‘n politikus se maandelikse salaris
Dit sal die gemiddelde Suid-Afrikaner amper vyf jaar neem om te verdien wat die land se top-politici in ’n enkele maand verdien. Business Tech berig die Speaker van die Nasionale Vergadering, wat een van die hoogsbetaalde politieke ampsdraers is, sal ná die jongste salarisaanpassings wat deur president Cyril Ramaphosa goedgekeur is, R284 142 per maand verdien. 'n Gewone Suid-Afrikaner wat R5 000 per maand verdien, sal ongeveer 4,7 jaar moet werk om dieselfde bedrag te kry. Ve

Saamgestel deur Ilde Roos
5 hours ago


Ramaphosa sê Elon Musk behoort tot SA se ontwikkeling by te dra
President Cyril Ramaphosa sê die miljardêr-entrepreneur Elon Musk behoort tot Suid-Afrika se ontwikkeling by te dra. Ramaphosa het die opmerkings gemaak tydens ’n gesprek in Kalifornië met Jonathan Karl, ABC News se hoofkorrespondent in Washington. Musk is in Suid-Afrika gebore en het hier grootgeword voordat hy na die buiteland verhuis het. Hy het voorheen die land se beleid gekritiseer, veral dié wat met transformasie en swart ekonomiese bemagtiging verband hou. Ramaphosa s

Saamgestel deur Ilde Roos
6 hours ago


Die rand tuimel deur die R17-vlak teen die dollar
Die rand het Dinsdagoggend vir die eerste keer sedert Maart deur die R17-vlak teen die dollar getuimel, terwyl die Amerikaanse geldeenheid verder verstewig te midde van ’n verwagte styging in die Amerikaanse rentekoers. Om 03:00 was die wisselkoers R17 teenoor die dollar, maar dit het teen 09:30 weer na R16,96 herstel. Netwerk24 berig die finansiële markte het ook intussen senuweeagtig geraak weens toenemende kommer oor die toekoms van die regering van nasionale eenheid (RNE)

Saamgestel deur Ilde Roos
6 hours ago


Wateronderbrekings in die noorde van Bloemfontein kan tot Woensdag duur
Inwoners van Dan Pienaar, Westdene en dele van Heuwelsig moet vir ’n langdurige wateronderbreking voorsiening maak wat na verwagting tot Woensdag sal duur. Volgens die Mangaung Metro Munisipaliteit word herstelwerk aan ’n grootmaatwatertoevoerpyplyn gedoen. Die onderbreking het Dinsdagoggend om vyfuur begin en sal na verwagting Woensdag om vyfuurmiddag eindig. Die werk sal na raming sowat 36 uur duur. Inwoners van die betrokke gebiede word aangeraai om vooraf genoeg water op

Saamgestel deur Nadia Pieters
8 hours ago


Nog twee verdagtes is in die korrupsiesaak by die Tembisa-hospitaal in hegtenis geneem
Die Valke in Gauteng het nog twee verdagtes in hegtenis geneem in verband met die beweerde korrupsieskandaal van R635 miljoen by die Tembisa-hospitaal. Volgens die Valke het die verdagtes hulself Dinsdagoggend by die Tembisa-polisiestasie oorgegee. Die twee sal na verwagting in die Palm Ridge-hof vir Gespesialiseerde Handelsmisdade verskyn. Die woordvoerder van die Valke, kolonel Katlego Mogale, sê hulle sal aangekla word van bedrog, korrupsie en geldwassery. Sy sê die twee w

Saamgestel deur Nadia Pieters
8 hours ago


’n Boer van Parma het per ongeluk ’n Bybelse koringvariëteit laat herleef
’n Italiaanse boer van Parma het per ongeluk ’n antieke, Bybelse koringvariëteit laat herleef. Die boer, Claudio Grossi, het uit nuuskierigheid dekades oue sade, wat hy op sy oupagrootjie se solder gevind het, in mis gegooi. Tot almal se verbasing het die sade uitgeloop in lang stingels met sewe koringare opgelewer, presies soos beskryf in ’n gedeelte uit die Bybelboek Genesis. Wetenskaplikes aan die Universiteit van Parma het die geharde, droogtebestande gewas as Triticum tu

Saamgestel deur Nadia Pieters
9 hours ago


Die VK ondersoek Russell Brand oor ‘n boodskap uit die tronk
Die owerhede in die Verenigde Koninkryk ondersoek of die komediant, Russell Brand, tronkreëls oortree het deur 'n boodskap te stuur waarin hy sy skuldigbevindings ontken. Sy vrou, Laura, het die verklaring tydens 'n YouTube-potgooi voorgelees en gesê dat hy onskuldig is. Die eerste minister, Andy Burnham, se woordvoerder sê gevangenes word verbied om verklarings te maak wat slagoffers kan ontstel of om mediabeperkings deur ander te omseil. Brand is tot tien-en-'n-half jaar tr

Saamgestel deur Nadia Pieters
9 hours ago


Medisynetekorte is weens ‘n haweopeenhoping en vertragings met betalings
Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê tekorte raak 'n wye verskeidenheid medisyne, nie net psigiatriese middels nie. Volgens Motsoaledi spruit die tekorte voort uit verskeie faktore wat gelyktydig voorkom. Hierdie faktore sluit opeenhoping by die Durban-hawe en uitstaande betalings van sekere provinsies in. Hy het aan SABC News gesê dat ontwrigtings wat met die Straat van Hormoes verband hou, ook bydra tot die medisynetekorte. LUISTER HIER: Aaron Motsoaledi. FOTO:

Saamgestel deur Nadia Pieters
10 hours ago


Ramaphosa sê kunsmatige intelligensie moet werk skep, nie vernietig nie
Volgens President Cyril Ramaphosa wil Suid-Afrika kunsmatige intelligensie (KI) gebruik om meer werk te skep, eerder as om dit te vernietig. Ramaphosa het hierdie opmerkings gemaak tydens 'n gesprek met Jonathan Karl, hoofkorrespondent in Washington vir ABC News, in Kalifornië. Hy is tans op 'n besoek van 'n week aan Silicon Valley in die Verenigde State om meer oor KI te leer. Ramaphosa sê die land wil help om die KI-rewolusie vorm te gee, eerder as om bloot die tegnologie t

Saamgestel deur Nadia Pieters
10 hours ago


OGGEND SPORT: Ackerman se eerste honderdtal plaas die Proteas in beheer, Etzebeth keer terug vir die kragmeting teen Ierland en Alcaraz begin oortuigend in die ATP-eindtoernooi
Ons begin met krieket: Die Proteas het 287-4 teen die einde van die tweede dag van die toetswedstryd teen Bangladesh behaal en is steeds 113 lopies agter, nadat Marques Ackerman ’n uitstekende eerste honderdtal in sy toetsloopbaan aangeteken het. Ackerman het 157 lopies van 164 balle geslaan, terwyl Zubayr Hamza 83 bygedra het in hul vennootskap van 202 lopies wat die ruggraat van die beurt gevorm het. Ackerman en Matthew Breetzke het laat in die dag hul paaltjies verloor, me

Saamgestel deur Jana Roos
10 hours ago


Mense word gewaarsku om nie riool in riviere en stormwaterstelsels te stort nie
Inwoners, besighede en kontrakteurs in die Mangaung-metro word gewaarsku dat dit verbode is om riool in riviere, strome of stormwaterstelsels te stort. Volgens die Mangaung Metro-munisipaliteit hou rioolbesoedeling ’n ernstige risiko vir openbare gesondheid, watergehalte en die omgewing in. Die munisipaliteit doen ’n beroep op sy inwoners om enige verstopte rioolpype, oorlopende mangate of vermoedelike onwettige rioolstortings aan te meld. Hulle word ook aangeraai om weg te b

Saamgestel deur Nadia Pieters
11 hours ago


Cosatu doen 'n beroep op nuwe rade om werkers se uitstaande betalings af te handel
Die vakbond Cosatu doen 'n beroep op nuutverkose munisipale rade om dringend werkers se uitstaande salarisse, pensioenbydraes, mediese fonds en belasting te betaal. Die vakbond sê pensioenbetalings wat aan munisipale werknemers verskuldig is, het die afgelope jaar byna verdriedubbel van R691 miljoen tot meer as R2 miljard. Cosatu wil hê die regering moet optree teen verantwoordelike burgemeesters en munisipale bestuurders, insluitend arrestasies en batebeslagleggings. Die vak

Saamgestel deur Nadia Pieters
12 hours ago


Talle verdagtes is in hegtenis geneem tydens misdaadoperasies in die Vrystaat
Die Vrystaatse polisie het meer as ‘n 1700 verdagtes in hegtenis geneem tydens die Veiliger Feesseisoen- en Shanela II-operasies regoor die provinsie. Die arrestasies sluit 386 gesoekte verdagtes en 1 333 ander in wat verband hou met oortredings wat wissel van moord en verkragting tot dwelmhandel en aanranding. Die polisie het ook meer as 34 500 mense, byna 12 000 voertuie en 981 persele deursoek. Die operasies het gelei tot die beslaglegging van vuurwapens, ammunisie, dwelms

Saamgestel deur Nadia Pieters
12 hours ago


Binnelandse Sake ontvang meer as 2 500 asielaansoeke in een dag
Die Departement van Binnelandse Sake het meer as 2 500 asielaansoeke op 'n enkele dag ontvang na aanleiding van verlede maand se opdrag van die Appèlhof. Die departement sê dit was 'n skerp toename van die daaglikse gemiddelde van 108 aansoeke oor vyf vlugtelingontvangskantore. Binnelandse Sake het aan die Johannesburg-hooggeregshof gesê dat hierdie toename ook gelei het tot dringende hofaansoeke deur aangehoudene buitelandse burgers wat hul vrylating soek. Die hof oorweeg ta

Saamgestel deur Nadia Pieters
12 hours ago


Die Inkomstediens teiken verskaffers wat moontlik nie aan belastingvereistes voldoen nie
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens verskerp belastingnakomingskontroles op besighede wat goedere en dienste aan die regering lewer. Die Inkomstediens het meer as 14 000 belastingperiodes geïdentifiseer waarin verskaffers geen BTW-opgawes ingedien het nie, ten spyte van rekords wat regeringsbetalings van ongeveer R14.5 miljard aandui. Die Inkomstediens sê hierdie teenstrydighede dui nie outomaties op oortredings nie, maar die betrokke belastingbetalers is die geleentheid gegee

Saamgestel deur Nadia Pieters
13 hours ago


El Niño plaas druk op wêreldwye suikervoorsiening
Wêreldwye suikerpryse het sedert die begin van die jaar met byna 25 % gestyg, aangevuur deur weerstoestande wat met El Niño verband hou, toenemende etanolproduksie en uitvoerbeperkings. ’n Verslag waarsku dat die wêreldwye suikeraanbod in die 2026-'27-seisoen na verwagting nie aan die aanvraag sal voldoen nie. Daar word verwag dat groot produsente, waaronder Brasilië, Indië en Thailand, laer produksiesyfers sal aanteken. Suid-Afrika, wat jaarliks ongeveer twee-miljoen ton p

Saamgestel deur Ilde Roos
1 day ago


'n Sakeman betwis bewerings dat insleep-ondernemings vir dwelmsmokkelary gebruik word
Die KwaZulu-Natalse sakeman Clive Naicker het bewerings betwis dat insleepondernemings vir dwelmsmokkelary gebruik word, en sê daar is geen bewyse van arrestasies met betrekking tot insleepvoertuie in die gebiede waar hulle bedrywig is nie. Naicker het Maandag voor die Madlanga-kommissie van ondersoek getuig. Regter Mbuyiseli Madlanga het kommer uitgespreek op grond van vorige getuienis. Naicker het egter erken dat sommige insleepvoertuigbestuurders dagga gebruik, maar het aa

Saamgestel deur Ilde Roos
1 day ago
bottom of page


