top of page
zuané joubert

zuané joubert

Aanbieder

Zuane Joubert is gebore te Klerksdorp op 17 September 1987.

Sy het Bloemfontein toe verhuis en haar laërskool voltooi op Uitsig Laërskool en gematrikuleer op Sand du Plessis Hoërskool.


Na skool het sy BA Drama en kommunikasie by die Universiteit van die Vrystaat gaan swot en haar liefde vir radio het net gegroei van daar af. In 2009 behaal sy haar BA Graad in drama en kommunikasie.


Die droom was om altyd ‘n radio omroeper te word of selfs ‘n rugby skeidsregter, en vandaar haar liefde vir Sport. Zuane saai die Rosestad Sport program uit van 3-6pm Saterdae en belowe iets vir almal in die program van afrikaans en pop tot boeremusiek.

Sy hou vir jou ook op hoogte van die nuuste sport gebeure en sy toets ook jou kennis met die Rosestad sport vasvra in die program.


Skakel in en gesels saam met die vriendelike persoonlikheid van Rosestad.


O ja, en sy praat baie….

bottom of page