top of page
Charedele Venter

Charedele Venter

Verkoopsverteenwoordiger

Ek is Charedele Venter – ’n jong, uitgaande en kreatiewe persoon met ’n groot liefde vir mense en kommunikasie.


Ek het skool gegaan by Jim Fouché Hoërskool, waar my passie vir skryf en artistieke uitdrukking begin groei het. Ek het ook die voorreg gehad om hokkie by Bokkieweek te speel.


Ek is lief vir die woud, die natuur en die see – dit is waar ek weer asemhaal en kop kan skoonm maak. My gunsteling ding? ’n Lekker braaibroodjie om ’n vuur saam met goeie mense en natuurlik goeie musiek.


Die radio-industrie het my hart baie vinnig gewen. Wat as ’n belangstelling begin het, het vinnig ontwikkel in iets waarvoor ek werklik passievol is. Ek floreer in ’n omgewing waar ek met mense kan werk, stories kan vertel en kreatiwiteit kan uitleef.

bottom of page