

gerdie karstens
Radiospesialis
Ek is gebore in Bloemfontein, maar het as kind ’n draai in Klerksdorp gemaak voordat ek in 1992 teruggekeer het saam met my ouers na Bloem. Ek het my skoolloopbaan by Laer- en Hoërskool Sand du Plessis voltooi en daarna aan die Kovsies gestudeer.
Ek het in 2006 begin by Volksblad (later Netwerk24), waar ek as sub-redakteur en later as sportskrywer in Kimberley gewerk het.
In 2014 het ek my pad na Rosestad 100.6 FM gevind. en vanaf 2015 was ek instaan-aanbieder voor ek in 2017 die oggendprogram van 09:00–12:00 aangebied het. In 2019 het ek as mede-aanbieder agter die mikrofoon ingeskuif vir die ontbytprogram en vandaar ook vir twee jaar as anker die program aangebied het. Tans bied ek Saterdae-aande die Vat Vas-program aan van 18:00 – 22:00
Ek is sedert Februarie 2022 voltyds ‘n verkoopsverteenwoordiger vir die stasie met advertensie-verkope my hoof-fokus by Rosestad 100.6 FM. Ek is deel van ‘n dinamiese span verkoopsmense. Ons bied vir jou besigheid ‘n unieke advertensie-oplossing as dit kom by koste-effektiewe bemarking om daardie voete deur jou deur te vermeerder en daar te hou!!!
’n Pretfeit oor my? Ek het ’n baie sterk maag en eet omtrent enigiets, maar ek kan glad nie vlieg of hoogtes verdra nie



