
gerdie karstens
Verkoopsverteenwoordiger
Ek is Gerdie Karstens, gebore in Bloemfontein, maar as kind het ek ’n draai in Klerksdorp gemaak voordat ek weer terug was in Bloem. Ek het my skoolloopbaan by Laer- en Hoërskool Sand du Plessis voltooi en daarna aan die Kovsies gestudeer.
My loopbaan het in 2006 begin by Volksblad (later Netwerk24), waar ek as sub-redakteur en later as sportskrywer in Kimberley gewerk het.
In 2014 het ek my pad na Rosestad gevind en vanaf 2015 was ek die aanbieder van die Saterdag sportprogram, asook instaan gedurende die week. In 2017 het ek die oggendprogram van 09:00–12:00 aangebied, en in 2019 het ek saam met Jaco de Wet agter die mikrofoon ingeskuif vir die ontbytprogram. Vir twee jaar het ek die program alleen aangebied, waarna ek voltyds as verkoopsverteenwoordiger aangesluit het – maar steeds nou en dan as omroeper inspring.
Buite die ateljee bied ek al meer as 20 jaar klank- en seremoniemeester-dienste vir troues aan.
’n Pretfeit oor my? Ek het ’n baie sterk maag en eet omtrent enigiets, maar ek kan glad nie vlieg of hoogtes verdra nie!


