
jo van zyl-naudé
Verkoopsverteenwoordiger
Ek is Jo van Zyl-Naudé – en ek het my kinderdae in Bloemfontein deurgebring. Hier het ek my laer- en hoërskooljare voltooi, en ek was feitlik altyd op my fiets. Ek is die jongste kind in ons gesin, en in die hoërskool het ek karate beoefen – tot op swart gordelvlak!
Ná skool het ek ’n Nasionale Diploma in Bemarkingsbestuur en later ook in Menslike Hulpbronne voltooi.
My loopbaan het ek direk ná matriek begin by die NG Kerk Sinodale Kantore, met kort draaie in versekering, by die Sand du Plessis Teater toe dit geopen is, en daarna by die SAUK se destydse Radio Oranje.
Uitsaaiwerk is dus al sedert 1988 deel van my lewe.
Vir 16 jaar het ek in Mosselbaai gebly, maar my hart het my terug Bloemfontein toe gebring om weer voluit in radio betrokke te wees. Sedert 2020 is ek deel van die Rosestad 100.6FM-span.
’n Pretfeit oor my? As dit moontlik was, sou ek nooit skoene dra nie – ek sou altyd kaalvoet wees!


