
selma rossouw
Verkoopsverteenwoordiger
Ek is Selma Rossouw en ek het sorgelose kinderdae op ’n plaas deurgebring voordat ek aan Hoërskool Griekwastad gematrikuleer het. Daarna het ek aan die Kovsies gestudeer en my BA Kommunikasie (Hons) voltooi. Dit is juis hier waar ek my liefde vir radio ontdek het – eers by Radio Shimla, wat later RSFM geword het, en gegroei het van ’n klein uitsending in die kafeteria tot ’n stasie met ’n 20 km radius rondom Bloemfontein.
My loopbaan het my aanvanklik na Megapro Bemarking geneem, waar ek vir 8 jaar in sportbemarking gewerk het met die kommersiële regte van SA Rugby en verskeie rugby- en krieket-unies.
Daarna het ek 13 jaar as verkoops-konsultant by ’n kommersiële radiostasie in Bloemfontein deurgebring. Vir die afgelope 4 jaar is ek trots deel van Rosestad 100.6FM as verkoopsverteenwoordiger en handelsmerk-skakelbeampte.
’n Pretfeit oor my? Ek het in 2011 Kilimanjaro geklim – en as ek nie werk nie, is ek waarskynlik besig in my tuin, my ander groot passie.

