top of page

armando pieters
Tegniese Beampte
Gebore in Excelsior waar ek 'n plattelandse seuntjie was tot 6, en toe in Bloemfontein skool gegaan, waar ek by Grey Kollege gematrikuleer het.
Ná skool het ek Drama en Teaterkuns gaan studeer, maar kort daarna besluit om eerder die wêreld van werk te verken. My loopbaan het my op verskeie paaie geneem – van ses jaar in radio, tot motorverkope en gastehuisbestuur. Ek het in 2018 besluit ek wil die wêreld gaan verken, waarna ek vyf jaar lank op die oop see gewerk, eers as fotograaf en later as aktiwiteitsaanbieder op Celebrity Cruises.
Tog het radio altyd in my are gebly, en vandag is ek terug waar ek hoort – by Rosestad 100.6FM as aanbieder en Tegniese Beampte.
’n Pretfeit oor my? Ek kan dwarsfluit speel!
bottom of page