top of page
bernie naude

bernie naude

Algemene Bestuurder

Bernie Naude is ‘n gebore Bloemfonteiner en het gematrikuleer aan die Hoërskool Sand du Plessis.

‘n Ywerige musikant wat sedert kindsbeen reeds viool speel. 


Na skool voltooi hy sy kwalifikasie as paramedikus aan die Wits tegnikon en werk in Johannesburg vir 8 jaar. Hier begin hy klein toneel rolle vertolk op die verhoog en op TV. 


Na ‘n skuif na die mediese verkope mark, besluit Bernie om sy liefde vir die bosveld ook uit te leef en word a veldgids en veldgids instrukteur.

Dis juis hierdie liefde wat hom terugbring na Bloemfontein waar hy die geleentheid kry om sy diep passie vir musiek en radio aan te pak. Bernie word deel van die uitsaai span by ‘n kommersiële radio stasie en saai verskeie programme uit vir 7 jaar.


Daarna word hy deur die Vrystaat departement vir Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning genader om as Adjunk Direkteur van Kommunikasie diens te doen. Na 7 jaar in die staatsdiens trek die radio gogga hom weer nader en skakel hy in by gemeenskap radio waar hy ook vryskut gedurende sy tyd in die staatsdiens uitsaai.


In 2020 word hy aangestel as die Algemene bestuurder van Rosestad 100.6FM waar hy die stasie steeds rigting gee.


Bernie is ook die voorsitter van die Bloemfontein Filharmoniese Orkes.

bottom of page