
Karin Booysen
Program Skeduleerder
Ek is in Bloemfontein gebore en het my kinderjare op ’n plaas naby Warden deurgebring.
Hierdie plaaslewe het my ’n sterk waardestelsel van eenvoud, harde werk en verantwoordelikheid meegegee.
My skoolloopbaan het ek begin by Dirkie Uys in Warden, waar ek ook in die koshuis was, daarna by Reitz Skool, en uiteindelik in Bloemfontein voltooi.
Na skool het ek waardevolle werkservaring opgedoen by Warden Exhaust Tyre en later by Mica Hardware. Ek het ook vir ’n tyd in bemarking gewerk en daarna, het ek my pad gevind na Rosestad 100.6FM, waar ek my vaardighede verder kon uitbrei.
Hierdie verskeidenheid posisies het my geleer hoe belangrik professionele diens, betroubaarheid en sterk verhoudings met mense is.
Eks aktief betrokke by my kerk en gemeenskap. Ek glo daaraan om positiewe verhoudings te bou, mense saam te bring en ’n verskil te maak in die lewens van ander.