top of page
leah du preez

leah du preez

Grafiese Ontwerper

Ek is Leah du Preez en my hele skoolloopbaan het ek by Eunice deurgebring, van graad 1 tot matriek.


Ná skool het ek ’n BA in Kommunikasiewetenskap en Joernalistiek voltooi, en later ook ’n sertifikaat in grafiese ontwerp.


My loopbaanpad was uiteenlopend – ek het ’n snoepie bestuur, as sosiale media-bestuurder vir verskeie besighede gewerk, en die afgelope tien jaar is ek deel van die Rosestad-span.


Hier geniet ek dit om kreatief te werk, met mense te werk en my liefde vir media elke dag uit te leef.


En ’n lekker fun fact oor my? Ek is ’n groot otaku en kan ure lank oor anime en manga gesels!

bottom of page