top of page

BENITA JACOBS
Aanbieder
Benita Jacobs (née van der Merwe) het in Bloemfontein grootgeword en haar skoolloopbaan afgesluit met ’n hoogtepunt toe sy die ATKV se Nasionale Redenaarskompetisie gewen het.
Sy het haar BCom-graad in Kommunikasiebestuur en 'n honneursgraad in Bemarking (cum laude) aan die Noordwes-Universiteit voltooi.
Benita is tans 'n bemarkingspesialis met ’n passie vir sosiale media, funksiebeplanning en fondswerwing. Sy is ook die stem agter “Middag sê” op Rosestad 100.6FM, weeksdae van 12:00–15:00.
Sy is die oudste van vier sussies, en hou daarvan om mense bymekaar te bring – iets wat duidelik deurskyn in haar werk én persoonlike lewe.
bottom of page