
FRANCOIS BOUWER
Aanbieder
Francois is gebore in Bloemfontein in die Vrystaat.
Hier is waar hy skool gegaan het en sy liefde vir musiek en mense onwikkel het. Terwyl hy besig was om te studeer aan UVS het hy deelgeneem aan ‘n sang kompetisie genaamd Spontaan, waar hy aangegaan het om meer as 1 300 deelnemmers te klop.
Dit het sy pad oopgemaak om musiek sy beroep te maak.
Meer as 20 jaar later het hy drie studio albums uitgereik - met nog een oppad. Francois het die land al plat getoer met duisende optredes, en die verhoog gedeel met meeste van die land se top name. Sy musiek het al ook op menigte radio stasis se top 10’s, 20’s en 40’s geboer.
Ten spyte van alles wat hy in die musiek bedryf al gedoen en bereik het, is sy familie vir hom die belangrikste deel van sy bestaan. Sy vrou en drie seuns maak dit moontlik vir hom om sy droom te lewe, en met hulle bystand en ondersteuning kon hy tot dusver net van krag-tot-krag gaan. Hy sê 2025 gaan ‘n" fantastiese jaar wees met fantastiese nuwe projekte en baie nuwe musiek oppad.
Hou die spasie dop".