top of page
hugo pieterse

hugo pieterse

Aanbieder

Hi, ek is Hugo!


Ek is gebore in Bloemfontein, het hier skool gegaan by HTS Louis Botha, en bly nog my hele lewe lank hier.


Die Liewe Vader het my geseën met twee wonderlike talente - rugby en sing. Ek sing nog baie hier in Bloemfontein, jy moet net weet waar om te kyk.


Ek het 'n baie groot liefde vir rugby. Ek het Vrystaat o/19 akedemie gespeel en was ook vir die SA akedemi o/19 in 1998 gekies gewees. My spanne is die Bulle en die Cheetahs - en dan natuurlik ook die Springbokke.


Ek hou baie daarvan om saam met my familie en vriende te kuier, sommer so om 'n lekker braai, met goeie musiek en goeie geselskap. Ek is ook 'n paie trotse pa wat dit geniet om te kyk as my seun rugby speel. Ek’s mal oor Afrikaanse musiek en Country. Eintlik hou ek maar van 'n verskeidenheid musiek - net nie Heavy Metal of enige "kop skud" musiek nie!


Ek is getroud met n wonderlike vrou, en buiten my seun het ons ook tweeling dogters.


My liefde vir mense het my baie gehelp om by Rosestad 100.6 FM as 'n omroeper te begin uitsaai. Ek is die wonderlike kans gegun, en het op Kersdag 2024 my loopbaan hier agter die mikrofoon begin.


Te danke Bernie en Dean het ek die voorreg om Maandag tot Vrydag 21:00 tot 00:00 in Mengelmoes saam met jou te kan kuier nie - en wees verseker, ek geniet elke oomblik saam met jou!

bottom of page