top of page
ILDE ROOS

ILDE ROOS

Aanbieder

Ilde is ‘n Bloemfonteiner in murg en been – ‘n Possie en ‘n Tralie – en sy het ‘n honneursgraad in Taalpraktyk, met media-ervaring in koerant, tydskrif en radio.


Ilde is ‘n gekwalifiseerde ballet-afrigter, geregistreer by die Royal Academy of Dance in die Verenigde Koningkryk, en bedryf haar eie ateljee. Sy is dus ook baie gemaklik op die verhoog en om voor mense op te tree. Sy is ook nie skaam nie, so sy sal daai een persoon wees wat eerste opstaan om te gaan nagereg opskep as almal te skugter is!


Ilde geniet dit om fisies aktief te wees, en probeer ‘n gesonde leefstyl handhaaf. Sy eet dalk nie vleis nie, maar jy kan haar wel trakteer met ‘n stukkie kaas...


Haar grootste aanhanger is haar jong seun, Sean.


Sy is mal oor die geskrewe woord en lees graag fiksie, so dit maak net sin dat die gesproke woord, hier op Rosestad 100.6 FM, daarop moes volg. Sy is weeksdae van 15:00 tot 18:00 op die lug.

bottom of page