top of page
mardi delport

mardi delport

Aanbieder

Mardi Delport is gebore in Port-Elizabeth en het haar laer- en hoërskoolloopbaan aan die Hoërskool Daniëlskuil in die Noord-Kaap voltooi.


Sy is ‘n senior lektor aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie, Vrystaat (SUT) in Bloemfontein en bied Saterdae-oggende tussen 09:00 en 12:00 haar program Oortreflik op Rosestad 100.6FM aan.


Sy is mal oor buite-uitsendings, eet te veel sjokolade en steek die skaal in die besemkas weg. En ja … Mardi is ‘n trotse Cheetah-ondersteuner!

bottom of page