top of page
stephanie strauss

stephanie strauss

Aanbieder

Stephanie is gebore en getoë in Bloemfontein. Sy matrikuleer aan Oranje Meisieskool waarna sy ‘n graad in Kommunikasiestudies (Cum Laude) verwerf deur die NWU se Potchestroom Kampus. Sy keer terug na Kovies om haar Honneurs in Bedryfsielkunde te voltooi.


Haar liefde vir drama en die kunste kom van ‘n jong ouderdom af! Sy voltooi haar Lisensiaat in Spraak en Drama en werk by verskeie bemarkingsagentskappe aan projekte soos die Vrystaat Kunstefees.


Sy is lief vir radio omdat dit lewendige medium is wat soveel mense onmiddellik bereik en ‘n positiewe bydrae kan maak!


Stephanie is getroud met Jan-Abraham en het twee dogtertjies, Anke en Bea, waarvoor sy baie lief is! Sy het ‘n sagte plekkie vir ‘n mooi paar "sneakers"!

bottom of page