top of page
Yvette Johnson

Yvette Johnson

Aanbieder

Goeie swart koffie en lekker kook en eet is twee van my grootste passies, maar radio en vermaak deur klank en beeld, is vir die afgelope 25 jaar my werk en lewe.   


Gebore in Bloem, toe vir ‘n paar jaar in KZN en later ‘n seisoen in Gauteng, ek is lief vir reis en verken. Van lekker kos tot lekker mense, die warm harte van die mense van Bloem bly ‘n spesiale ding en ek is terug en tevrede om by Rosestad aan te sluit.


Ek sing, skryf en tree op vandat ek 14 jaar oud is en dis vir my die lekkerste ding om mense te laat lag. Musiek is ‘n groot deel van my bestaan en ek glo mense-verhoudings is die belangrikste aspek van die lewe.


My CV en my hare is amper ewe lank en so ook my musiek speel lys. 


Interessante feit oor my: as jy nie pasop nie maak ek jou my beste vriend sommer oornag!

bottom of page