top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Khan moet sy verklaring oor sy getuienis by die Madlanga-kommissie indien

Writer: Saamgestel deur Jana Roos
Saamgestel deur Jana Roos
2 hours ago
1 min read

Die afgedankte adjunkhoof van Misdaadintelligensie, Feroz Khan, moet Saterdag sy verklaring oor sy in-camera getuienis by die Madlanga-kommissie in dien.


SABC-nuus berig die Kommissie het Vrydag beslis dat sy getuienis eerskomende Dinsdag in-camera sal geskied. Khan se regspan het om uitstel gevra om tyd te hê om voor te berei, asook uit kommer oor die uitwerking wat dit op Khan se gesondheid het.


Khan het onlangs nie vir sy geskeduleerde getuienis opgedaag nie waarna die kommissie opdrag gegee het dat strafregtelike klagte teen hom ingedien word. 


Feroz Khan. FOTO: SABC News
Feroz Khan. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page