top of page


Nuus


Aucamp moedig Suid-Afrikaners aan om troeteldiere teen hondsdolheid te laat inent
Die minister van Landbou, Willie Aucamp, spoor Suid-Afrikaners aan om hul honde en katte teen hondsdolheid in te ent terwyl die land Wêreldhondsdolheidsdag vier. Aucamp sê hondsdolheid kan voorkom word en doen ‘n beroep op troeteldiereienaars om hul deel te doen om die dodelike siekte uit te roei. Die 2026-veldtog, met die tema sterker saam, beklemtoon samewerking tussen gemeenskappe, troeteldiereienaars en gesondheidswerkers. Die Departement van Landbou sê enigiemand wat aan

Saamgestel deur Nadia Pieters
2 hours ago


Miljoene is nodig om SA diplomatieke eiendomme op te knap
Suid-Afrika se diplomatieke eiendomme in die buiteland kan meer as R830 miljoen se opknappings benodig. Volgens inligting wat die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking in ’n parlementêre antwoord bekend gemaak het, is dié bedrag gebaseer op toestandsverslae wat oor drie jaar opgestel is. Die DA doen intussen ’n beroep op die herprioritisering van die departement se begroting, met groter fokus op die instandhouding van ambassades. Die party sê Suid-Afrikaan

Saamgestel deur Nadia Pieters
2 hours ago


Simelane vra vir ’n geïntegreerde benadering tot regeringsdienslewering
Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, het ’n beroep gedoen op ’n meer geïntegreerde benadering tot regeringsbeplanning en dienslewering. Die minister het by die konferensie van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Openbare Administrasie en Bestuur in Durban gesê nedersettings moet volgens mense se behoeftes ontwikkel word, eerder as volgens regeringsdepartemente wat in afsondering funksioneer. Behuising moet ook gekoppel word aan water, sanitasie, vervoer, s

Saamgestel deur Nadia Pieters
3 hours ago


Saftu doen ’n beroep op ’n nasionale veldtog teen onwettige vuurwapens
Die vakbondfederasie Saftu het ’n beroep gedoen op ’n nasionale veldtog om onwettige vuurwapens en aanvalsgewere uit gemeenskappe te verwyder. Dit volg op twee massaskietvoorvalle wat ten minste 27 mense in Gauteng en die Wes-Kaap se lewens geëis het. Saftu sê owerhede moet onwettige vuurwapens opspoor, hul voorsieningskettings ondersoek en kriminele sindikate teiken. Dit het ook gevra vir oudits van staatswapenarsenale, sterker grensbeheer, vuurwapenopsporing en ’n amnestie

Saamgestel deur Nadia Pieters
5 hours ago


’n Vierjarige Vrystatertjie is oorlede nadat hy glo toegang tot alkohol kry
’n Vierjarige seuntjie van Rouxville is oorlede nadat hy glo toegang tot alkohol gekry het. Volgens die Vrystaatse polisie het die seuntjie se ma Saterdag haar huis in Rosemary Uitkoms verlaat om te gaan kuier. Sy het die kind in die sorg van ’n ander minderjarige kind gelaat. Sy het glo Sondagoggend, onder die invloed van alkohol teruggekeer en het aan die slaap geraak. Daar word vermoed dat die vierjarige tydens dié tyd toegang tot alkohol gekry het. Nooddienste is na die t

Saamgestel deur Nadia Pieters
5 hours ago


Opod arresteer ‘n vrou vir die indiening van ‘n vals verkragtingsaak
Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het ’n 18-jarige vrou van Kuruman in hegtenis geneem omdat sy na bewering ’n vals verkragtingsaak teen ’n polisiekonstabel aanhangig gemaak het. Die konstabel, wat aan Kimberley se Voertuigondersoekeenheid verbonde is, is Sondag in hegtenis geneem, maar die verkragtingsaanklag is teruggetrek. Die vrou het later aan ondersoekers gesê sy het ’n vals verklaring afgelê oor ’n dispuut oor ’n betaling van R400 ná konsensuele seks

Saamgestel deur Nadia Pieters
6 hours ago


’n Gesamentlike ondersoek na geslagsgeweld in SA begin
’n Gesamentlike nasionale ondersoek na Suid-Afrika se hantering van geslagsgeweld en vrouemoord begin Maandag. Die Kommissie vir Geslagsgelykheid, die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie en die Kommissie vir die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Taalkundige Gemeenskappe hou die ondersoek, wat tot Vrydag duur. Volgens die kommissies sal daar onder meer gekyk word na hoe gevalle aangemeld word, ondersteuning aan slagoffers en die hantering van ondersoeke en verhore. Dit sal

Saamgestel deur Nadia Pieters
6 hours ago


Tydige en betroubare inligting is nodig in ’n digitale wêreld
Mense benodig tydige, betroubare inligting in ’n digitale wêreld wat oorloop van waninligting en disinformasie. Dit is volgens die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie, terwyl die wêreld Internasionale Reg om te Weet-dag vier. Die dag bevorder die beginsel dat mense die reg het om toegang tot inligting te verkry wat deur regerings en openbare instellings gehou word. Toegang tot inligting kan mense help om te verstaan hoe besluite geneem

Saamgestel deur Nadia Pieters
7 hours ago


‘n Twaalfde vroulike slagoffer is gevind
Die liggaam van nóg ’n vrou is Maandagoggend in Thembisa aan die Oos-Rand in Gauteng gevind. Die 23-jarige is die 12de liggaam van ’n vrou wat sedert Julie aan die Oos-Rand gevind is. Netwerk24 berig volgens polisiewoordvoerder brig. Brenda Muridili was die vrou glo op pad werk toe toe sy geskiet is. Die vrou is geïdentifiseer, maar haar familie moet nog van haar dood in kennis gestel word. Muridili beklemtoon dat voorlopige ondersoeke daarop dui dat daar nog geen verband vas

Saamgestel deur Ilde Roos
7 hours ago


‘n Dertienjarige is vas vir onwettige vuurwapenbesit
'n Jong seun van 13 jaar oud is in hegtenis geneem vir die beweerde onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie in Thabong in Welkom in die Vrystaat. Volgens 'n verklaring het polisielede gereageer op 'n leidraad van 'n man wat vermoedelik 'n vuurwapen onwettiglik besit. Hy het oor 'n heining gespring en probeer vlug, maar hy is in ’n nabygeleë oop veld aangekeer. Dit is toe vasgestel dat die verdagte ’n minderjarige is. Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat die

Saamgestel deur Ilde Roos
7 hours ago


‘n VS dorp is een van die land se top vyf om in te woon
Clarens in die Vrystaat is aangewys as een van die beste klein dorpies in Suid-Afrika om in te woon. Die dorp het vyfde geëindig in Daily Maverick se Small Towns of the Year 2025, met ’n algehele telling van 87,8%. Business Tech berig die dorpe is beoordeel volgens netheid, munisipale prestasie, gemeenskapsgees, veiligheid, natuurlike omgewing, gesinsvriendelikheid en konnektiwiteit. Die publikasie het ook die sogenaamde “M-faktor” in ag geneem, wat dit beskryf as die unieke

Saamgestel deur Ilde Roos
8 hours ago


Iran sê hy is gereed vir oorlog teen die VSA
Iran sê hy is gereed om voort te gaan met sy oorlog teen die Verenigde State van Amerika. Die Amerikaanse president, Donald Trump, het ook Iran se jongste voorstel om die konflik te beëindig en die Straat van Hormuz te heropen, van die hand gewys. Iran sê hy sal voortgaan met die oorlog, selfs al lei dit tot ’n oorlog wat die einde van die wêreld kan beteken. Die oorlog het in Februarie vanjaar begin toe die VSA en Israel vir Iran aangeval het. FOTO: Flags Online

Saamgestel deur Ilde Roos
8 hours ago


Ramaphosa is bekommerd oor die land se hoë misdaadvlakke
President Cyril Ramaphosa het ernstige kommer uitgespreek oor die land se hoë misdaadvlakke. Hy het geslagsgebaseerde geweld en geweldsmisdaad as die grootste bekommernisse uitgewys. Ramaphosa sê die polisie werk daaraan om die moorde op vroue en skietvoorvalle in gemeenskappe op te los. Die president sê Suid-Afrika moet die grondoorsake van misdaad aanpak. LUISTER HIER: President Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook

Saamgestel deur Ilde Roos
8 hours ago


Die geskorste nasionale polisiekommissaris word dalk in sy pos herstel
President Cyril Ramaphosa sê die regering oorweeg om die geskorste nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, in sy pos te herstel. Hy het aan SABC News gesê die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se besluit is genoteer en die saak word steeds oorweeg. Die NVG het vroeër vandeesmaand die aanklagte teen Masemola laat vaar, wat die moontlikheid van sy terugkeer na sy pos oopgelaat het. Masemola is aanvanklik deur die Onafhanklike Direktoraat teen Korrupsie (Idac) aan

Saamgestel deur Ilde Roos
9 hours ago


Beswaar word gemaak teen die wit kruise in die VSA
Afrikaners vir Suid-Afrika (AvSA) het beswaar gemaak teen Lex Libertas wat 3 000 wit kruise in Washington, D.C. geplant het. Maroela Media berig Lex Libertas, ’n organisasie wat hom beywer vir die regte en beskerming van minderheidsgemeenskappe, se dokumentêre rolprent Crossed Out: Confronting Persecution in South Africa is ook die afgelope week by die Withuis vertoon. Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder AvSA sê hy veroordeel plaasmoorde en geweld teen boerderygemee

Saamgestel deur Ilde Roos
9 hours ago


'n Gr. 11-leerder val glo 'n VS onderwyseres aan
'n Graad 11-leerder van Welkom in die Vrystaat word daarvan verdink dat hy 'n onderwyseres verskeie kere met 'n skerp voorwerp aan die kop en hande gesteek het. ENCA berig die leerder het na bewering in die onderwyseres se huis weggekruip. Die onderwyseres, wat al 38 jaar by Teto Sekondêre Skool werk, ontvang mediese behandeling. Die Vrystaatse LUR vir Onderwys, Mamiki Maboya, sê ’n aanval op ’n onderwyser is ’n aanval op die hele onderwysstelsel en die toekoms van kinders. S

Saamgestel deur Ilde Roos
10 hours ago


Die UV kry sy eie veeartsenykunde-skool
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) gaan 'n Skool vir Veeartsenykunde loods, wat 'n BVSc-graad van ses jaar, ’n Veterinêre Akademiese Hospitaal en kliniese opleidingsfasiliteite insluit. My City Bloemfontein berig die UV se adjunk-visekanselier, Anthea Rhoda, beskryf die skool as ’n strategiese reaksie op nasionale behoeftes wat verband hou met dieregesondheid, landbou, voedselsekerheid, volhoubaarheid en ekonomiese ontwikkeling. Die kurrikulum word ontwerp om studente van

Saamgestel deur Ilde Roos
11 hours ago


Die gesondheidsminister vra vir ’n ondersoek ná ’n nuusberig
Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het gevra vir ’n ondersoek na bewerings wat verband hou met advertensiekontrakte vir die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV). Daar word versoek dat die Spesiale Ondersoekeenheid, die Ouditeur-generaal en die Openbare Beskermer ondersoek instel na die bewerings, wat in ’n News24-artikel gemaak is. Die artikel beweer dat kontrakte vir NGV-bemarking en gesondheidskommunikasie tot ’n gesamentlike R182 miljoen opgeskiet het. News24

Saamgestel deur Ilde Roos
11 hours ago


BKS: Namibië staak die slagting van gespletehoefdiere
Namibië het alle slagting van gespletehoefdiere landwyd opgeskort en vleisuitvoere is nou ook in die gedrang. Dit kom nadat bek-en-klouseer (BKS) ook in dié land uitgebreek het. Maroela Media berig die uitbreking is die eerste in Namibië se kommersiële veesone in 60 jaar. Meatco, die staatsbeheerde vleisverwerker, het intussen die status van beesvleissendings wat reeds uitgevoer of onderweg is, begin ondersoek. Die maatskappy sê dit is in hierdie stadium nog te vroeg om te sê

Saamgestel deur Ilde Roos
12 hours ago


Ekurhuleni: 'n Elfde vrou se liggaam is ontdek
Die polisie in Gauteng ondersoek die ontdekking van die liggaam van ’n elfde vrou in Ekurhuleni. Die vrou se liggaam is Sondag omstreeks middagete halfnaak in ’n veld naby Rhokanaweg gevind. ’n Voertuig van ’n sekuriteitsmaatskappy wat in die gebied gepatrolleer het, het op die liggaam afgekom en die polisie in kennis gestel. Die polisie het nie bevestig of die saak met ander moorde in en om die stad verband hou nie. Al die nodige rolspelers is gemobiliseer, insluitend die ta

Saamgestel deur Ilde Roos
12 hours ago


Skole kry nuwe leesboeke én robotika-materiaal vir die Grondslagfase
Die Departement van Basiese Onderwys het die 2026 Grondslagfase Nasionale Katalogus vir Graad 1 tot 3 van goedkeuring na implementering geskuif, met aankope wat reeds aan die gang is voor die 2027-skooljaar. Die katalogus sal 40 leesboeke per klas, ’n kernleesboek vir elke leerder en ’n versameling van stories verskaf. Dit stel ook hulpbronne vir klanke en handskrif bekend, terwyl leesvaardighede versterk word deur maatstawwe vir mondelinge vlotheid in al 11 amptelike tale. D

Saamgestel deur Armando Pieters
1 day ago


17 Mense is dood in 'n massa-skietery by 'n Gautengse taverne
Minstens 17 mense is dood en 15 ander gewond ná ’n massa-skietery by ’n taverne in Wedela, in Gauteng se Wes-Rand. Volgens Eyewitness News het ’n groep gewapende mans Saterdagaand op mense buite die taverne losgebrand voordat hulle die perseel binnegegaan en verder op klante geskiet het. Die aanvallers was glo met AK-47-aanvalsgewere en pistole gewapen. Die polisie sê agt verdagtes word gesoek. Sommige klante is glo deursoek en hul selfone is gesteel voordat die aanvallers in

Saamgestel deur Armando Pieters
1 day ago


Minister Kubayi sê Suid-Afrika verskerp die stryd teen georganiseerde misdaad
Die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, het by die 15de Verenigde Nasies se Misdaadkongres in Abu Dhabi sterker optrede teen georganiseerde misdaad en verbeterde toegang tot geregtigheid belowe. Kubayi sê Suid-Afrika versterk intelligensie-geleide polisiëring, tegnologie en internasionale samewerking om kubermisdaad, onwettige mynbou, handel en georganiseerde bedrog aan te pak. Sy het ook belowe om die strafregstelsel te verbeter deur sleutelbelanghebbendes te verbind de

Saamgestel deur Armando Pieters
1 day ago


Die DA eis dringende optrede nadat ’n tiende vrou dood aangetref is
Die DA eis dringende optrede nadat ’n tiende vrou binne twee maande dood in Ekurhuleni, Gauteng, aangetref is. Die DA se burgemeesterskandidaat vir Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, sê die party wil hê die polisiebestuur moet verantwoording doen vir mislukkings in polisiëring. Die DA het ook ’n parlementêre debat oor geweldsmisdaad in Ekurhuleni vir Dinsdag gereël. Rasilingwane dring aan op verhoogde sigbare polisiëring, nouer samewerking tussen die Suid-Afrikaanse Polis

Saamgestel deur Armando Pieters
1 day ago
bottom of page

