top of page


Sportnuus


RUGBY: Les Bleus behaal 'n verrassende oorwinning oor die Springbokke
Frankryk het Vrydag in die Nations Championship ’n verrassende en naelbyt-oorwinning van 21-19 oor die wêreldkampioen, Suid-Afrika, behaal. Supersport berig ’n uitstekende vertoning in die eerste helfte en ’n vasberade poging in die tweede helfte, te midde van talle geel en rooi kaarte, het aan Les Bleus hul tweede oorwinning oor die Springbokke in hul laaste 11 toetse besorg. Drieë deur die hakers Jan-Hendrik Wessels en Malcolm Marx, asook ’n kortafstand-drie deur die...

Saamgestel deur Ilde Roos
a few seconds ago


OGGEND SPORT: Kolisi sê die Bokke is gereed vir die Franse uitdaging, Conrad soek bestendigheid in die Proteas se kolforde en, Man United neem afskeid van Carrick
Ons begin met rugby: Springbok-kaptein, Siya Kolisi en hulpafrigter Mzwandile Stick, verwag 'n taai stryd teen Frankryk in Vrydagaand se Nasieskampioenskap-toets in Parys, met die verrassende keuse van Antoine Dupont as losskakel wat 'n interessante dimensie by die tuisspan se aanval voeg. Kolisi sê Dupont se veelsydigheid kom nie as 'n verrassing nie, aangesien die Bokke Frankryk se opsies op losskakel en skrumskakel bestudeer het en bly vol vertroue in hul verdedigingstelse

Saamgestel deur Jana Roos
24 hours ago


OGGEND SPORT: Dupont skuif na losskakel, Suid-Afrikaners mik na groot pryse in die Dubai-gholfseisoen en, Pochettino stem glo in om by Man United oor te neem
Ons begin met rugby: Frankryk se kaptein Antoine Dupont sal Vrydag teen die Springbokke as losskakel uitdraf in ’n belangrike taktiese verandering deur die Franse afrigter, Fabien Galthié. Volgens Reuters is die besluit genoodsaak deur ’n besering aan Romain Ntamack se skouer. Frankryk het ook nie sy ander eerstekeuse-loskakelopsies, Matthieu Jalibert, Thomas Ramos en Antoine Hastoy beskikbaar nie. Dupont, wat gewoonlik as skrumskakel speel, sal saam met Maxime Lucu die halwe

Saamgestel deur Jana Roos
2 days ago


MIDDAG SPORT: Die Blitsbokke mik daarna om hul reekstitel te verdedig, Noskova verras vir Gauff en, F1-wedrenne in Katar en Abu Dhabi gaan voort
In rugby-nuus: Die Springbok Sewes-span is in die laaste fase van hul voorbereiding vir die nuwe HSBC SVNS-seisoen, met die Blitsbokke wat daarop ingestel is om hul reekstitel te verdedig. Die hoofafrigter, Philip Snyman, sê die eerste ses toernooie sal gebruik word om diepte in die span te bou voor die Wêreldkampioenskap-toernooie in 2027, wat Olimpiese kwalifikasie sal bepaal. Die Blitsbokke vertrek op 23 November na Dubai vir die eerste toernooi op 28 en 29 November. Die K

Saamgestel deur Jana Roos
3 days ago


OGGEND SPORT: Marx sê die Bokke kan nie op vorige prestasies staatmaak nie, die Banyana-groep is aangekondig en, Sabalenka begin die WTA-eindtoernooi met ‘n sege oor Muchova
Ons begin met rugby: Die Springbok-haker Malcolm Marx sê Suid-Afrika kan nie op vorige prestasies staatmaak terwyl hulle voorberei om Frankryk in Vrydag se Nasieskampioenskap-wedstryd in Parys te trotseer nie. Die wêreldkampioene het nege van hul laaste tien toetse teen Frankryk gewen en is onoorwonne in die Franse hoofstad sedert 2005. Marx sê egter Frankryk bly 'n gevaarlike teenstander, met sterkte in hul voorspeler-pak en 'n onvoorspelbare speelstyl. Springbok-hulpafrigte

Saamgestel deur Jana Roos
3 days ago


MIDDAG SPORT: Die Springbokke stuur ’n kragtige waarskuwing, Krieket Australië sluit die heropening van die 2018-balpeuterskandaal uit en, Carrick se toekoms as Man United se hoofafrigter is onseker
In rugby-nuus: Die Springbokke het ’n duidelike waarskuwing aan hul teenstanders gestuur met ’n verpletterende oorwinning van 66-7 oor Italië in die Nasieskampioenskap, maar die uitdaging word Vrydag aansienlik groter wanneer hulle teen Frankryk in Parys te staan kom. Suid-Afrika het Saterdag reeds rustyd met 45-0 voorgeloop en die Italianers se verdediging deurentyd onder groot druk geplaas. Volgens die Britse koerant The Guardian het die Springbokke besonder indrukwekkend v

Saamgestel deur Jana Roos
4 days ago


OGGEND SPORT: Malherbe bly deel van die Springbokplanne vir die Wêreldbeker, Hridoy skryf geskiedenis en, DeChambeau mik na Sun City
Ons begin met rugby: Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het bevestig dat die stut, Frans Malherbe, steeds deel is van sy planne vir volgende jaar se Rugbywêreldbeker, met die verwagting dat die 35-jarige in Januarie na die veld sal terugkeer nadat hy van 'n rugbesering herstel het. Malherbe het reeds 76 toetse vir Suid-Afrika gespeel, met sy laaste verskyning in 2024 teen Argentinië en hy was deel van die Wêreldbeker-wenspanne in 2019 en 2023. Erasmus het slegs twee verander

Saamgestel deur Jana Roos
4 days ago


MIDDAG SPORT: Etzebeth is teruggeroep na die Springbok-groep, Norris wen ‘n reëngeteisterde Grand Prix en, Alcaraz wen die Paryse Meesterstitel vir die eerste keer
In rugny-nuus: Eben Etzebeth is teruggeroep na die Springbok-groep vir die res van die Nasieskampioenskap nadat hy van sy besering herstel het. Die 35-jarige slot, wat met 147 toetswedstryde Suid-Afrika se speler met die meeste toetsverskynings is, sal by die span in Frankryk aansluit voor Vrydag se kragmeting met Frankryk in Parys. Volgens Reuters vervang Etzebeth die jong losskakel Yaqeen Ahmed, wat weens ’n skouerbesering na Suid-Afrika terugkeer. Ahmed, wat nog nie sy toe

Saamgestel deur Jana Roos
5 days ago


OGGEND SPORT: Erasmus waarsku oor moeiliker toetse, die Springbok-vroue se Sewes-span eindig sesde en, druk neem toe namate drama in die Premierliga ontvou
Ons begin met rugby: Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, is tevrede met sy span se vertoning, nadat die Bokke vir Italië met 66-7 in hul Nasieskampioenskap-kragmeting Saterdag in Turyn afgeransel het. Die jong losskakel Yaqeen Ahmed keer weens ’n skouerbesering na Suid-Afrika terug om met sy rehabilitasie te begin, terwyl Salmaan Moerat weens ’n rugspasma onttrek is en Eben Etzebeth sal by die groep in Frankryk aansluit. Intussen het Engeland ook sy slag gewys met ’n oortuige

Saamgestel deur Jana Roos
5 days ago


MIDDAG SPORT: Die Proteas benoem die span vir hul Bangladesh-toetsreeks en die Springbok-vroue mik na ‘n sterk vertoning in Kenia
Ons slaan af met krieket-nuus: Krieket Suid-Afrika het 'n groep van 15 spelers aangewys vir die Proteas se komende toetsreeks teen Bangladesh. Temba Bavuma sal die span aanvoer nadat Suid-Afrika onlangs Australië met twee wedstryde teenoor een in hul toetsreeks geklop het. Kolwer Tony de Zorzi keer terug nadat hy 'n dyspierbesering herstel het, terwyl Zubayr Hamza ook in die groep ingesluit is. Anrich Nortje keer terug nadat 'n liesbesering hom vir twee weke buite aksie gehou

Saamgestel deur Jana Roos
Nov 6


OGGEND SPORT: Die Springbokke pak vir Italië, LIV Golf se toekoms is in die weegskaal en, Ronaldo sluit ’n glorieryke internasionale loopbaan af
Ons begin met rugby: Die Springbokke begin Saterdag hul Europese veldtog in die Nations Championship met 'n toets teen Italië in Turyn. Rassie Erasmus het 'n ervare span gekies, met Siya Kolisi as kaptein. Salmaan Moerat keer terug na die beginspan en vorm saam met Ruan Nortje die tweede ry. Morné van den Berg en Sacha Feinberg-Mngomezulu vorm die skakelpaar, met Damian de Allende en Jesse Kriel in die middelveld. Ethan Hooker en Kurt-Lee Arendse is op die vleuels, met Damian

Saamgestel deur Jana Roos
Nov 6


MIDDAG SPORT: Die Bulls kry vir Marx terwyl die Sharks vir Libbok verseker, Starc steek die Proteas se Jansen verby en, Parker keer terug na West Ham
In rugby-nuus: Die Bulls het die dienste van die Springbok-haker, Malcolm Marx, op 'n langtermynkontrak vanaf Julie 2027 bekom, kort nadat hulle ook die Springbok-voorspeler, Kwagga Smith, onder kontrak geneem het. Die 32-jarige keer terug na Suid-Afrika ná sewe seisoene in Japan en herenig met die Bulls-afrigter, Johan Ackermann, onder wie hy voorheen by die Lions gespeel het. Intussen het die Sharks aangekondig dat Manie Libbok vanaf Julie 2027 by hulle aansluit op 'n meerj

Saamgestel deur Jana Roos
Nov 5


OGGEND SPORT: Erasmus verduidelik Grobbelaar se uitsluiting, Boer lei ‘n jong Springbok-vrouesewesspan en, Liverpool struikel terwyl Como Kampioeneliga-geskiedenis skryf
Ons begin met rugby: Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, sê daar is niks verdags agter die feit dat die Bulls-haker, Johan Grobbelaar, nie in die groep vir die Nasieskampioenskap-toer ingesluit is nie. Erasmus het die 28-jarige se werksetiek en bydrae agter die skerms geprys en hom beskryf as ’n sterk aanspraakmaker op die span se Speler van die Jaar-toekenning, alhoewel hy dikwels nie in die kollig staan nie. Hy het verduidelik dat die afrigtingspan hulself wou uitdaag deu

Saamgestel deur Jana Roos
Nov 5


MIDDAG SPORT: Die Springbokke is bekommerd oor Hanekom se fiksheid, die Proteas verwelkom sleutelspelers terug vir hul toetse teen Bangladesj en Hamilton sê Leclerc werk nie saam nie
Ons skop af met rugby-nuus: Die Springbokke monitor Cameron Hanekom se fiksheid nadat die Bulls-losskakel Saterdag in die wedstryd teen die Scarlets teen rustyd die veld verlaat het weens 'n rugbesering. Dit het afrigter Johan Ackermann genoop om hom as 'n voorsorgmaatreël te onttrek met die oog op die Nasieskampioenskap-toer. Die Springbokgroep het reeds Cheslin Kolbe, Andre Esterhuizen, Handré Pollard, Deon Fourie en Eben Etzebeth vir die Europese toer verloor, terwyl die S

Saamgestel deur Jana Roos
Nov 3


OGGEND SPORT: Erasmus kies ervaring bo jong bloed, die Protea-vroue berei voor vir ‘n historiese tuisreeks en, Everton verhoog druk op ‘n sukkelende Newcastle
Ons begin met rugby: Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, maak op ervaring staat vir Saterdag se toets teen Italië in Turyn, met geen debutante in die 23-tal nie en Salmaan Moerat die enigste speler wat sy eerste wedstryd van die seisoen vir die Bokke gaan speel. Die span bevat verskeie gevestigde kombinasies, met Siya Kolisi, Pieter-Steph du Toit en Jasper Wiese in die lostrio, Damian de Allende en Jesse Kriel as senterpaar, en Thomas du Toit, Malcolm Marx en Ox Nché in die v

Saamgestel deur Jana Roos
Nov 3


MIDDAG SPORT: Die skare maak die Proteas se sege ekstra spesiaal, Malcolm Marx keer in 2027 terug na SA en, Antonelli maak Formule 1-geskiedenis
Ons begin met krieket-nuus: Protea-kaptein, Temba Bavuma, sê die geskiedkundige 176-lopie-oorwinning oor Australië op Nuweland was besonder spesiaal, veral vanweë die ongelooflike ondersteuning van die Kaapse krieketliefhebbers. Nadat reën en swak lig die eerste twee toetse in Durban en Gqeberha ontwrig het, het die weer in Kaapstad saamgespeel en het duisende ondersteuners opgedaag om die beslissende toets te beleef, met die reeks op 1-elk. Die stadion het behoorlik ontplof

Saamgestel deur Jana Roos
Nov 2


OGGEND SPORT: Ierland klop die Springbok-vroue in die reeks se laaste toets, die Bulle, Stormers en Haaie versterk hul posisies in die VRK en, Arsenal vergroot hul voorsprong
Ons begin met rugby: Die Springbok-vrouespan het hul 2026-seisoen met ’n nederlaag afgesluit nadat Ierland hulle met 38-17 op Athlone-stadion in Kaapstad geklop het. Suid-Afrika het met 20 minute oor nog met 17-14 voorgeloop, maar Ierland het in die laaste deel van die wedstryd drie onbeantwoorde drieë gedruk om die oorwinning te verseker. Ierland se Béibhinn Parsons het drie drieë gedruk, terwyl Aoife Dalton twee keer agter die doellyn gaan kuier het. Dit was Ierland se twee

Saamgestel deur Jana Roos
Nov 2


MIDDAG SPORT: Die Proteas en Australië se belangrike toetsstryd duur voort, Mallett bevraagteken die Springbokke se haker-diepte en, Premierliga-reuse berei voor vir deurslaggewende kragmetings
Ons begin met krieket-nuus: Die Proteas en Australië is besig met die beslissende derde toets in hul reeks op Nuweland in Kaapstad. Die reeks staan gelykop nadat elke span reeds een toets gewen het. Daar is ook meer as net reeksoorwinning op die spel: die wenner sal Australië se posisie boaan die toetsranglys kan oorneem. Reuters berig dat Suid-Afrika dus ’n belangrike geleentheid het om sy aanspraak as een van die voorste toetskrieketspanne ter wêreld te versterk. In rugby

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 30


OGGEND SPORT: Harmer se draaiboulwerk kan deurslaggewend wees, die Springbokvroue maak veranderinge vir hul laaste toets teen Ierland en, Durban is aangewys as die voorkeurstad vir SA se Olimpiese bod
Ons begin met krieket: Die Proteas het op 140-4 in hul tweede beurt gestaan, met ’n voorsprong van net 40 lopies, terwyl die Nuweland-kolfblad al hoe meer hulp aan draaiboulers begin bied het. Met Australië wat in die eerste beurt ’n voorsprong van 100 lopies opgebou het, glo Simon Harmer dat die Proteas se grootste uitdaging is om die eerste uur op dag vier te oorleef voordat hulle aan ’n verdedigbare teiken kan dink. Harmer verwag dat die kolfblad nog meer sal draai, terwyl

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 30


MIDDAG SPORT: Marco Jansen haal die topposisie, SA spanne staan voor deurslaggewende VRK-toetse en Liverpool en Arsenal pak mekaar in ‘n belangrike kragmeting
Ons begin met krieket-nuus: Suid-Afrika se Marco Jansen het na die eerste plek in die IKR se Toetsranglyste vir boulers en veelsydige spelers opgeskuif, danksy sy indrukwekkende vertonings teen Australië. Jansen het tien paaltjies in die eerste twee toetse geneem en 85 lopies in die tweede toets aangeteken, waar hy ook 5-33 behaal het. Hy voer die Toetsranglys vir boulers aan met 876 punte en het verby Mitchell Starc, Matt Henry, Ollie Robinson en Jasprit Bumrah beweeg, en te

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 29


OGGEND SPORT: Die Protea-boulers is onder druk, Wêreldrugby kyk na ‘n laer duikslaghoogte en, Djokovic hou sy ATP-eindtoernooi-hoop lewendig
Ons begin met krieket: Suid-Afrika se boulers het op die tweede dag van die derde toets teen Australië op Nuweland gesukkel met konsekwentheid en fiksheid, terwyl die besoekers 330-4 behaal het en gaan die derde dag met 'n voorsprong van een lopie in. Die boul-afrigter, Piet Botha, het die boulwerk 'n ses uit tien gegee en erken dat hulle nie daarin geslaag het om vir lank genoeg die regte lengtes te boul op 'n blad wat min beweging bied nie. Kagiso Rabada het met maagkrampe

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 29


MIDDAG SPORT: Daar is ses nuwe spelers in Rassie se Springbokgroep, die Flexbrands Knights mis ‘n plek in die Super 8 en, Wawrinka speel sy laaste professionele wedstryd
Ons skop af met rugby-nuus: Springbok-afrigter Rassie Erasmus het sy 37-man-groep vir Suid-Afrika se vier toetse in Europa volgende maand aangekondig. Die groep sluit ses spelers in wat nog nie hul toetsdebuut gemaak het nie. Volgens The Citizen is die nuwe gesigte Yaqeen Ahmed, Sebastian de Klerk, Luan Giliomee, Markus Muller, Riley Norton en Emmanuel Tshituka. Die beseerde Cheslin Kolbe, Eben Etzebeth, André Esterhuizen en Handré Pollard is nie vir keuring beskikbaar nie. D

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 28


OGGEND SPORT: Die Proteas wankel terwyl Australië beheer oorneem, ‘n beseringskrisis by die Springbokke kan die deur oopmaak vir nuwe gesigte en, Fleetwood verstom vir Arsenal
Ons begin met krieket: Suid-Afrika is op die openingsdag van die derde toets teen Australië op Nuweland in Kaapstad vir 329 lopies uitgeboul. Mitchell Starc het met syfers van 6-72 geëindig, terwyl Suid-Afrika hul laaste vier paaltjies vir slegs twee lopies verloor het. Die Proteas het uitstekend begin met Marques Ackerman wat 95 lopies aangeteken en Aiden Markram 78 bygedra het, voor Nathan Lyon twee keer toegeslaan het en die wedstryd in Australië se guns laat swaai. ’n Ven

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 28


MIDDAG SPORT: Die Springbok-vroue klim na 'n rekord-plek op die wêreldranglys, Ackermann vra vir konsekwentheid van VRK-skeidsregters en, die Proteas en Australië se toetsreeksbeslissing slaan af
Ons skop af met rugby-nuus: Die Springbokvroue het tot die negende plek op die wêreldranglys gestyg ná 'n produktiewe 2026-seisoen waarin hulle agt van hul 12 toetswedstryde gewen het, met nog een wedstryd teen Ierland wat voorlê. Die DHL Westelike Provinsie-speler, Alichia Arries, het 'n spesiale oomblik beleef toe sy verlede naweek 'n drie gedruk het teen Ierland op Athlone-stadion, waar haar vierjarige dogter, Tatum, haar vir die eerste keer vir die Springbokke gesien spee

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 27
bottom of page



