top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

KRIEKET: Die Flexbrands Knights is swaar geklop nadat ‘n wêreldrekord opgestel is

Writer: Saamgestel deur Jana Roos
Saamgestel deur Jana Roos
5 hours ago
1 min read

Die Flexbrands Knights is Vrydagaand met 124 lopies deur die Momentum Multiply Titans in die YesPlay Pro20-beker op die Mangaung Oval in Bloemfontein geklop.


Die Titans het eerste gekolf en 267 vir drie in hul 20 beurte aangeteken, met Lhuan-dre Pretorius wat ’n wêreldrekord van 188 onoorwonne lopies van net 79 balle gemoker het.


Volgens SuperSport het Pretorius daarmee Chris Gayle se vorige rekord van 175 lopies vir die hoogste individuele telling in T20-krieket verbeter. Hy het 15 viere en 13 sesse geslaan. Die Flexbrands Knights is daarna vir 143 in 17 komma twee beurte uitgehaal. Gihan Cloete het 39 lopies aangeteken, terwyl Jacques Snyman 32 van net 12 balle gemoker het.


Die Flexbrands Knights het nou al hul eerste drie wedstryde in die Pro20-beker verloor.


Lhuan-dre Pretorius. FOTO: The Citizen
Lhuan-dre Pretorius. FOTO: The Citizen


 
 
 

Comments


bottom of page