top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

MIDDAG SPORT: Die Springbok-vroue mik na ‘n hoër ranglys, uitslae skud die Wimbledon-voorbereidingstoernooie en Engeland en Ghana behaal ’n doellose gelykoptelling

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • 1 day ago
  • 1 min read

In rugby-nuus: Die Springbok-vroue is vasbeslote om voort te bou op hul styging na die wêreld se top tien en selfs hoër op die ranglys in 2026 te stoot, volgens haker, Micke Gunter.


Gunter sê die span het teruggekeer na die kamp in Stellenbosch met hoë intensiteit en ‘n duidelike fokus om die span na ‘n ander vlak te neem nadat hulle die Rugbywêreldbeker-kwarteindronde gehaal het.

 

In tennis-nuus: Die topgekeurde Jasmine Paolini het in die openingsronde op Eastbourne ‘n verrassende nederlaag in skoon stelle teen Duitsland se Tatjana Maria gely, terwyl die voormalige kampioen, Madison Keys, ‘n wenbegin gemaak het met haar jongste poging om die titel te verower.


In die mansafdeling het die Britse kwalifiseerder, Giles Hussey, vir die Franse Ope-halffinalis, Matteo Arnaldi, verras en sodoende sy indrukwekkende rekord teen teenstanders in die top-100 by Devonshire Park voortgesit.

 

In Wêreldbeker sokker-nuus: Engeland en Ghana se wedstryd het met ‘n doellose gelykoptelling geindig. Dit beteken dat Engeland steeds punte nodig het om die boonste plek in die groep te verseker en gemaklik te vorder.

 

Ons skakel oor na ons korrespondent vir meer oor hierdie en ander onlangse wedstryde…


LUISTER HIER:


Sokkerwereldbekerverslag-–-24-Junie-2026

                                   

 

Die Springbok-vroue is vasbeslote om voort te bou op hul styging na die wêreld se top tien. FOTO: SA Rugby Magazine
Die Springbok-vroue is vasbeslote om voort te bou op hul styging na die wêreld se top tien. FOTO: SA Rugby Magazine

 

 
 
 

Comments


bottom of page