top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SANRAL verhoog jaarlikse tolkoerse met amper 5%

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 12, 2025
1 min read

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (SANRAL) het die jaarlikse tolkoerse met byna 5% verhoog. Die tariewe word jaarliks aangepas, in lyn met die Verbruikerprysindeks (VPI). SANRAL het gesê die prysverhoging is baie laer as die meer as 6% verhoging van verlede jaar. Hulle voeg by dat die fondse wat hulle in die vorm van tol insamel, SANRAL help om sy mandaat te vervul om kwaliteit padinfrastruktuur te lewer. Hulle glo dit voeg waarde tot die lewe van Suid-Afrikaanse burgers. SANRAL is simpatiek teenoor die Suid-Afrikaanse publiek, gegewe die huidige ekonomiese situasie. SANRAL verduidelik dat dit egter ewe belangrik is om die aanpassings in te voer om te verseker dat die agentskap steeds veilige en kwaliteitspaaie kan lewer.. Verkeerdevlei plaza se tarief vir ’n klas 1 voertuig is tans R72,50.

 
 
 

Comments


bottom of page