Tesourie ontken dat begunstigdes van maatskaplike toelaes besnoei word om geld te bespaar

5 hours ago
1 min read
Die Nasionale Tesourie verwerp bewerings dat hy die aantal begunstigdes van maatskaplike toelaes verminder om geld te spaar.
Hy sê die besparing van R13 miljard spruit voort uit 'n afname in die getal begunstigdes, namate hy bedrog bekamp en verseker dat ontvangers aan die wetlike vereistes vir kwalifisering voldoen.
Die Tesourie het gereageer op openbare kommentaar oor die mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring.
Dit sê dat die verhoging van die ouderdomstoelaag tot R3 000 die staat meer as R30 miljard jaarliks sal kos.
Besprekings oor veranderinge aan die Maatskaplike Verligting van Nood-toelaag duur voort.









Comments