top of page



Santaco neem stappe om dronkbestuur te voorkom
Die taxiraad Santaco sê hulle gaan die gebruik van kamerastelsels en asemtoetsers vir minibus-taxibestuurders instel. Santaco se president, Abner Tsebe, het tydens ‘n media-inligtingsessie onthul dat die kamerastelsels en asemtoetsers aan die voertuie gekoppel sal word. Tsebe sê voertuie sal nie aanskakel as alkohol opgespoor word nie en dat toetse tydens die bestuurders se ritte herhaal sal word. Ter illustrasie. FOTO: BusinessTech

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 16
bottom of page

