top of page



EFF-passassiers dans en sing op 'n vlug
‘n Video van EFF-ondersteuners wat op ‘n FlySafair-vlug na Oos-Londen sing, het debat en ‘n ondersoek deur die lugredery ontketen. In die video word passasiers in hul sitplekke gesien terwyl verskeie ondersteuners, geklee in rooi en barette, in die gang af marsjeer, hande klap, dans en sing. Die lugredery sê hulle ondersoek tans of die groep enige veiligheidsprotokolle oortree het. Hulle het geen tydlyn gegee vir wanneer die ondersoek afgehandel sal wees nie. FOTO: Facebook

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 25


FlySafair en hul kajuitpersoneel onderteken ‘n loonooreenkoms
Suid-Afrika se grootste lugredery, FlySafair, het aangekondig dat hulle ‘n ooreenkoms met die Suid-Afrikaanse Kajuitbemanningsvereniging bereik het. Die lugredery het ‘n vierjaarooreenkoms beklink wat lone met 6.5% tot 6.9 % sal laat styg. Terwyl FlySafair meer as ‘n week gelede begin het om bemanning uit te sluit toe gesprekke vasgeloop het, het hulle deurgaans volgehou dat hul bedrywighede nie geraak is nie. Die ooreenkoms kom net ‘n week voordat die land wêreldleiers by di

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 15, 2025


Sacca sê hulle staak nie
Die personeelvereniging vir kajuitbemanning, Sacca, sê hulle staak nie. Dit ondanks ’n uitsluiting deur die laekoste-lugredery FlySafair oor ’n loonverskil. Volgens Sacca se president, Christopher Shabangu, het lede ’n 5.7% verhoging aanvaar, maar FlySafair het glo sonder oorleg nuwe klousules bygevoeg, insluitend ’n omstrede middagete-uur opoffering. Hy sê kajuitpersoneel is gereed om te werk en dat die lugredery die publiek mislei deur te beweer daar is ’n staking. Onderhan

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 5, 2025


FlySafair se kajuitpersoneel staak oor betaling en werkskedules
FlySafair se kajuitbemanning het hul gereedskap neergelê. SABC News berig die stakende werkers wat die Suid-Afrikaanse Kajuitbemanningvereniging verteenwoordig, eis hoër lone en die hersiening van die rooster. Volgens FlySafair verwag hulle geen ontwrigtings in hul vlugskedule nie. Die lugredery sê ook dat meer as twee derdes van hul kajuitbemanning hulle daartoe verbind het om aan te hou werk. Dit sluit nie-vakbondlede en vakbondlede in wat formeel die maatskappy se 5.7%...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 4, 2025
bottom of page

