top of page



'Kersvader' in Ladybrand verkoop glo dwelms as 'lekkergoed'
'n Fop-Kersvader in Ladybrand in die Vrystaat is in hegtenis geneem nadat hy kamtige "lekkergoed" aan verdagte karakters eerder as kinders verkoop het. 'n Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, sê in 'n verklaring toe polisie die Kersvader nader, het hy weggehardloop. Hy is ingehaal en 49 sakkies kristal-metamfetamien en kontant is in sy besit gevind. 'n Saak is by die Ladybrand-polisiestasie geopen. Die 17-jarige verdagte is onder wetlike toesig vrygelaat aange

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 30, 2025
bottom of page

