top of page



'n Agtjarige meisie vermoor ná beskuldiging van perskediefstal
’n Agtjarige meisie is vermoor ná ’n beskuldiging van perskediefstal in die Senekal-omgewing in die Vrystaat. Maroela Media berig Naledi Ramaisa is Donderdag as vermis aangemeld toe sy nie huis toe gekom het nie en ’n soektog is onmiddellik van stapel gestuur. Haar liggaam is later in 'n tenk in 'n buurhuis gevind. ’n Tienerseun is intussen in hegtenis geneem in verband met die saak. Hy sal na verwagting Maandag in die Senekal Landroshof verskyn op aanklagte van moord. SAPD.

Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 18
bottom of page

